Local sportSport

Netbalspelers mik weer ring toe

Die o.13-netbalspan van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het saam met hul afrigters, Estie Muller en Teresh Botes, ’n heerlike uitstappie na ’n netbalkursus in Sun City onderneem.

“Die Covid-19 pandemie het almal op die hoede, maar het nie dié meisies afgeskrik om binne die Covid-19-maatreëls meer van hul geliefde sportsoort te leer nie,” het Muller gesê.

Hulle het die besondere geleentheid met albei hande aangegryp. Die kursus is deur twee nasionale afrigters aangebied en volgens die spanafrigters het hulle spannetjie persoonlike aandag geniet en baie gebaat by die kundigheid van hierdie afrigters.

Hoewel hulle hard geoefen en baie ure op die baan deurgebring het, was daar tog tyd vir pret en plesier.

Hulle het behoorlik gebaljaar in die branders en baie nuwe vriendskappe gesmee.

Dit was ook vir die netbalspelers ’n groot verrassing toe hul na afloop van die afrigtingkursus boonop elk ’n paar tekkies as geskenk gekry het.

“Ons skep wonderlike geleenthede vir die leerders. Hierdie ondervinding sal vir die meisies lank ’n hoogtepunt bly,” het Muller gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button