Local sportSport
Thaba se gholfspelers swaai stokke vir ’n goeie doel
’n Groot groep gholfspelers het die afgelope naweek by die Thabazimbi-gholfklub die stokke geswaai ten bate van Hoërskool Frikkie Meyer se matriekafskeidfonds.
Plaaslike spelers het hande gevat met die organiseerders van die gholfdag om vir die matrieks van 2021 ’n onvergeetlike matriekafskeid te bied.
Die spelers se vrolike luim was aansteeklik en almal was baie opgewonde om hul telkaarte in te dien en pryse te wen.