Local sportSport

Rugbyspelers trek hul sokkies op

Die Thabazimbi-rugbyklub se spelers is druk besig om hul vir die komende rugbyseisoen voor te berei.

Hoewel die Covid-19-inperkingsmaatreëls oefening tot dusver bemoeilik het deur kontakoefening te verbied, het hulle op balvaardigheid en fiksheid gekonsentreer.

Die span het ná die verslapping van die reëls baie aandag tydens hul normale rugbyoefening aan spelpatrone gegee en sê hulle is nou slaggereed vir die wedstryde wat dié seisoen voorlê.

Die klub en sy spelers het egter nog ’n paar uitdagings wat voorlê.

Die span het borge nodig om van die onkoste wat deelname in ’n rugbytoernooi insluit, te help dek.

Hulle doen ’n beroep op die gemeenskap en sakeleiers om hulle te ondersteun.

Vir meer inligting oor die span se benodigdhede of om borgskappe aan te bied, bel vir James Engelbrecht by tel. 072 750 2521 of Nico Greeff by tel. 082 366 7079.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button