Local sportSport

Nylies se langasems draf die bulte uit

Die landloopatlete wat by Hoërskool Nylstroom se atletiekklub oefen het op Saterdag 17 April aan hul eerste ligabyeenkoms by Le Club by Hoërskool Merensky in Tzaneen deelgeneem.

Tzaneen, wat bekend is vir sy mooi natuurskoon en pragtige berge, het ’n uitdagende roete gebied met op- en afdraandes en die atlete moes hard werk vir medaljes.

Atlete van Hoërskool en Laerskool Nylstroom oefen by die klub en word afgerig deur Martin Jansen van Vuuren wat self ’n gerekende atleet was.

Hy het bekendheid verwerf vir sy vinnige tye in die “myl” afstand. Die hoërskoolatlete wat goeie prestasies behaal het, is Megan van der Merwe (silwer) en JP Putter (vyfde). Altus du Plessis het ’n vierde plek behaal.

Die atlete van Laerskool Nylstroom wat stof in die ander se oë geskop het, is Eugene Barnard (goud) en Kayla van der Merwe (brons). Paul du Plessis, Ben van Jaarsveld en Jessica Putter het al drie ook onder die toptien in hul ouderdomsgroepe geeïndig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button