Local sportSport

Skuts mik vir goud

Quinton du Preez, ’n skut van Bela-Bela en lid van die Magnum-boogklub in Pretoria, het verlede naweek as veteraanskut tydens die Magnum Invitational-boog-skietkompetisie in Roodeplaat deelgeneem.

Du Preez het in die mans senior-klas as wenner weggestap met Hennie van Staden van Lephalale die naaswenner.

Ongeveer 120 skuts het aan die kompetisie deelgeneem wat as ’n kwalifiserende ronde getel het vir skuts wat in aanmerking wil kom vir hul Protea-kleure in boogskiet.

Du Preez het aan Die Pos gesê elke skut moet deur die jaar minstens vier tellings bo 193 uit 220 behaal om in aanmerking te kom vir Protea-kleure.

Skuts moet tydens kwalifiserende kompetisies die afstande tussen hulle en die teiken met die oog skat en hoop hul pyle tref die kol.

Skuts wat met ’n kruisboog skiet, kan getuig dat lang ure se oefening, geduld en vernuf nodig is om in dié sportsoort te presteer.

Die skuts moet ook ’n natuurlike aanleg hê om die omgewing en windtoestande in ag te neem.

Die nasionale kampioenskap sal waarskynlik in November plaasvind. Intussen moet skuts hul voorbereiding doen om in Mei aan die tweede byeenkoms van die Tripple Crown-toernooi hul staal te wys.

Skuts sien reeds uit na die komende Shikwaru Lucky Draw-byeenkoms wat op Saterdag 24 April in Mokopane plaasvind.

Du Preez nooi belangstellendes om by die Magnum-klub aan te sluit. Bel hom by tel. 073 221 2997.

Mense wat in boogskiet belangstel, kan ook die webtuiste www.africanbowhunting.org besoek vir meer inligting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button