Local sportSport

Bloed, sweet en motorfietse

Die tweede ronde van vanjaar se South African Cross Country Motorcycle (SACCM)-kampioenskap is op Saterdag 27 Maart in Modimolle gehou en die plaaslike renjaers het Thabazimbi se naam hoog gehou.

Die jaers was dit eens dat die besondere uitdagende roete op die stowwerige Bosveld-terrein baie vernuf en bloedsweet gekos het.

Thabazimbi se Bosveld Racing Club is baie trots op hul lede.

Pieter Meyer het gewys hy het murg in sy pype deur tweede te eindig in die GXCC senior 50cc-afdeling.

 

Abigail Visser het haar klub se naam hoog gehou en vierde geëindig in die Ladies Pro-Am-afdeling.

 

Keanu Visser van Thabazimbi het in die GXCC senior 85cc-afdeling ’n vyfde plek behaal en was algeheel vierde in die nasionale kompetisie vir die 85cc-afdeling.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button