Local sportSport

Thabazimbi-boogklub se lede skiet kolskote

Kort nadat lede van die Thabazimbi-boogklub aan die nasionale Sanifaa-veldkompetisie deelgeneem het, het die skuts weer van 25-27 Maart hul boë gespan in die Ekurhuleni-boogskietkampioenskap.

Die provinsiale kompetisie is vanjaar weens Covid-19-regulasies virtueel aangebied met verskeie klubs wat regoor Limpopo op eie bodem moes deelneem.

Dit het egter geen demper op die gehalte van die kompetisie geplaas nie en Thabazimbi se skuts het oudergewoonte uitgeblink.

 

Meagan Shamrock het die junior skuts tydens die Ekurhuleni-kampioenskap gewys wie is baas. Sy het die juniorafdeling met 281/12 gewen.

 

In die senior mansafdeling het Gert Snyman met die louere weggestap. Sy telling was 300/38. Dedré Snyman was tweede met 288/33 gevolg deur Jaco van Vuuren met 297/35 en Chris Welgemoed in die vierde plek met 296/32.

In die vroue-afdeling het Mathilda Broekhuizen gewys haar pyle is in die kol. Haar telling was 299/33. Die Recurve-skut van die dag was Jaco Marais met ’n telling van 213/2.

Die juniors van Thabazimbi het hul staal gewys en in die jong volwasse mansafdeling was Kruger van Zyl (300/49) die wenner. Kort op sy hakke was nog ’n jongeling van Thabazimbi, Edwin Nel (289/25).

 

Kruger van Zyl van die Thabazimbi-boogklub het die junior volwasse mansafdeling met ’n telling van 300/49 gewen. Die kampioenskap is weens die Covid-19-beperkings vanjaar virtueel aangebied.

 

Die junior skuts het hul klub se naam hoog gehou en uitstekend gevaar. Meagan Shamrock het gewen met haar telling van 281/12 met Aart Broekhuizen kort op haar hakke met 277/13 punte.

Ruvan Bornman was in die derde plek met 250/5 en Riaan van Niekerk in die vierde plek met 236/4.

Ook in die Cubs-afdeling het Ruahan Snyman gewys sy pyle trek reguit. Sy punte was 282/8.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button