Local sportSport

Hoërskool Nylstroom se atlete behaal plekke in Limpopo-span

Die atlete van Hoërskool Nylstroom het ná ’n byeenkoms op Saterdag 27 Maart in Mookgophong hul staal gewys en nie minder nie as ses atlete het hul plekke in die Limpopo-span verseker.

Die Nylies het skoonskip gemaak in die o.19-seuns se naelloop-items.

Jandré de Lange was eerste in die 400 m en Martin Vosloo, die Nylies se hoofseun, eerste in die 200 m en tweede in die 100 m.

Jesse-Dean Nortjé het ’n tweede plek in die spiesgooi vir o.16-seuns behaal.

Tariro Nkosi het ’n eerste plek in die 90 m-hekkies vir o.16-meisies losgehardloop en daarmee ook ’n nuwe rekord opgestel. Tariro het ook met die hoogspring vir o.16-meisies die rekord aan skerwe laat spat.

Mieke Mienie was eerste in die verspring vir o.16-meisies. Sy het ’n tweede plek in die 100 m en ’n vierde plek in die 200 m behaal.

Keneilwe Mawela was eerste in die 1500 m en tweede in die 800 m vir o.16-meisies.

Hoewel van die atlete o.14 is, het hulle in die o.19- en o.16-kategorieë deelgeneem.

Volgens René Oosthuizen, die Nylies se atletiekorganiseerder, stel Atletiek Suid-Afrika (ASA) ’n ranglys op met atlete se prestasies en uitnodigings sal aan diegene wat kwalifiseer, gestuur word om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse-kampioenskap.

Dié byeenkoms vind vanaf 7-10 April in die Paarl (Wes-Kaap) plaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button