Local sportSport

Rugbyklub verwelkom die span in blou

Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela, asook leerders van Hoërskool Warmbad, het op Dinsdag 23 Maart die voorreg gehad om die Carling Currie Cup- en SuperRugby Unlocked-trofeë van naderby te besigtig.

Die Vodacom Blou Bulle het ná hul onlangse seges teen die Pumas (Unlocked-reeks) en die Haaie (Currie Cup) dié gesogte trofeë in hul trofeëkas.

Die span van die Blou Bulle het reeds 24 keer die gesogte Currie Cup verower.

Die Blou Bulle-spanbestuur (BBRU) het die toer na Limpopo onderneem om die trofeë aan hul getroue ondersteuners te wys, maar ook om as aansporing te dien vir jong rugbyspelers op skool- en klubvlak.

Spelers van die Blou Bul-span kon ingevolge die Covid-19-regulasies nie self die toer meemaak nie omdat die gevaar vir die verspreiding van die Covid-19-virus te groot is.

Jake White, Blou Bul-afrigter, het gesê hulle fokus nou op die Guinness Pro 14-Rainbow-bekerreeks wat in April afskop.

Die Bulle, Leeus, Haaie en Stormers sal teen mekaar, asook teen 12 klubs van Ierland, Wallis, Skotland en Italië meeding.

Willem Strauss, hoofuitvoerende-beampte van die Blou Bulle, het tydens die besoek aan Bela-Bela gesê dit bly belangrik vir die BBRU om op skole te fokus en om ondersteuning aan jong spelers te bied.

Hy het gesê talle spelers wat die Blou Bul-trui oor die kop trek, het reeds op skoolvlak rugby gespeel en hul fondasie moet dus reg gelê word.

Die besoek was ’n hoogtepunt vir die Kwagga-spelers.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button