Local sportSport

Kookwater-atletiek in Ellisras

Atlete van Hoërskole Nylstroom, Warmbad, Ben Vorster, Pietersburg, Hans Strijdom en Ellisras het op Saterdag 20 Maart kragte gemeet op die atletiekbaan van Hoërskool Ellisras.

Die Limpopo-kampioenskap word op Saterdag 27 Maart by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong aangebied. Herman Steyn van Die Pos was daar om foto’s te neem.

 

Thilize van der Heever van Hoërskool Warmbad was soos blits in die 400 m-hekkiesitem vir meisies o.18.

 

Nog ’n Warrie wat sy staal gewys het, was Tsepang Koka, wat die hoogspring vir seuns o.19 gewen het.

 

Mieke Mienie van Hoërskool Nylstroom het vier medaljes huis toe gebring. Sy het die vorige week tydens die Nylies se huissportbyeenkoms drie rekords verbeter.

 

Marcus van der Walt van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het die 400 m-wedloop vir seuns o.15 met gemak gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button