Local sportSport

Nylies sorg vir groot sports tydens huissport

Die atlete van Hoërskool Nylstroom was so uitgehonger vir atletiek, dat talle stokou aletiekrekords gespat het tydens die huissportbyeenkoms wat op Vrydag 12 Maart gehou is.

Ondanks die leë pawiljoene en die gebruik van baie ontsmettingsmiddel, het rekords wat 51 jaar en 48 jaar lank veilig gestaan het, hard geval.

Mieke Minie het die rekord vir verspring vir o.14-meisies verbeter met ’n afstand van 4,92 m. Die oorspronklike rekord is in 1994 opgestel deur Sibbie Beytell (nou Swart) met ’n afstand van 4,90 m.

 

Thariro Nkosi het die o.15-meisies se hoogspringrekord, wat in 2001 deur René van der Merwe (nou Oosthuizen) opgestel is, met 18 cm verbeter. Sy het ook die 300 m-hekkiesrekord vir meisies o.15 verbeter.

 

Mieke het ook die 35 jaar oue rekord vir die 100 m vir o.14- meisies verbeter met ’n tyd van 13,0 sekondes.

Die vorige rekord is in 1986 opgestel deur ’n atleet wat in die rekordboeke as A. du Plessis aangedui word met ’n tyd van 13,20 sekondes. Hierdie uitblinkeratleet het ook die 200 m rekord vir die o.14- meisies met ’n tyd van 27,0 sekondes verpletter.

 

Martin Vosloo, die Nylies se hoofseun, het ’n rekord wat reeds 50 jaar lank staan aan skerwe gehardloop. Martin se tyd in die 200 m vir o.19-seuns was 22,60 sekondes. Die vorige rekord is in 1970 opgestel. Hy het ook rekords aangeteken in die 100 m en aflos.

 

Die rekord staan dekades lank al stewig nadat dit in 1979 deur Yvonne McCabe opgestel is met ’n tyd van 28,20 sekondes. Mieke is aangewys as atleet van die dag. Die o.14-meisiesaflosspan, waarvan Mieke deel was, het ook ’n 48 jaar oue rekord in die stof laat byt met hul tyd van 0:55,80 sekondes.

Die vorige rekord is in 1973 opgestel met ’n tyd van 0:55,90 sekondes. Martin Vosloo, die Nylies se hoofseun, het nie op hom laat wag nie en ’n rekord wat reeds 50 jaar lank staan aan skerwe gehardloop. Martin se tyd in die 200 m vir o.19-seuns was 22,60 sekondes.

Die vorige rekord is in 1970 deur L. Venter opgestel met ’n tyd van 23,00 sekondes. Martin het ook die 100 m-rekord wat in 2018 deur William Mabena opgestel is, met ’n tyd van 11,00 sekondes geëwenaar. William het in 2018 die 100 m vir seuns o.19 by die Suid-Afrikaanse kampioenskap gewen.

 

Anika Holtzhausen het die rekord vir spiesgooi vir o.17-meisies verbeter met ’n afstand van 32,82 m. Die vorige rekord is in 2018 deur Marné van der Merwe opgestel. Anika het ook die o.17-meisies se 100 m en 200 m gewen. Foto: Herman Steyn

 

Die aflos vir seuns o.19, waar Martin wenpaal toe gehardloop het, het ook die dekadeoue rekord, wat in 1979 opgestel is, verbeter met hul tyd van 0:45,00 sekondes. Thariro Nkosi het die o.15-meisies se hoogspringrekord met 18 cm opgeskuif na 1,73 m.

Die vorige rekord is in 2001 deur René van der Merwe (nou Oosthuizen) opgestel. Sy is tans ’n onderwyser by die skool en ook Thariro se afrigter. Thariro het ook die 300 m-hekkiesrekord vir meisies o.15 met ’n tyd van 49,43 sekondes verbeter.

Die vorige rekord is in 2008 deur Emogene Venter opgestel. Anika Holtzhausen het die rekord vir spiesgooi vir o.17- meisies verbeter na ’n afstand van 32,82 m.

Die vorige rekord is in 2018 deur Marné van der Merwe opgestel. Anika het ook die o.17-meisies se 100 m en 200 m-naellope gewen. Daar was groot opwinding by die seuns o.14-spiesgooi toe twee atlete die rekord verbeter het.

Jesse-Dean Nortjé het ’n afstand van 47,07 m ver gegooi en Wihann Bezuidenhout het 41,32 m ver gegooi. Die vorige rekord is in 1996 deur Fanie Stander opgestel.

Die atlete neem weer op Saterdag 20 Maart aan ’n ligabyeenkoms in Lephalale deel waarna die Limpopo-kampioenskap op Saterdag 27 Maart in Mookgophong plaasvind.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button