Local sportSport

Krieketkolwe word weer flink geswaai

Die krieketkolwe word weer flink geswaai in die Waterberg T20-klubkrieketliga wat op Sondag 7 Maart in Modimolle afgeskop het. 

Daar is vier krieketklubs wat in die Waterbergliga deelneem, naamlik Nylstroom-klub, die Strikers van Bela-Bela, Vaalwater-klub en die Potgietersrus-klub.

Die ligawedstryde word elke Sondag by skole in die omgewing gespeel.

Die wedstryde vind op die velde van Settlers Agricultural High School, Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Warmbad plaas.

Twee spelers van Modimolle het tydens die wedstryd tussen die Nylstroom-klub en die Strikers van Bela-Bela op Sondag 7 Maart uitgeblink en gesorg vir hul span se oorwinning.

Paul Els het 30 lopies aangeteken en Vernon Julian het ses paaltjies laat val in vier boulbeurte vir slegs 15 lopies.

Die Vaalwater-krieketklub het geseëvier oor die Nylstroom-span tydens die wedstryd op Sondag 14 Maart.

Hoewel daar streng gehou is by Covid-19-protokol, het dit nie ’n demper geplaas op die spelers se geesdrif nie. Voornemende krieketspelers kan gerus die onderskeie klubs kontak vir meer inligting.

Bel vir Vernon Julian in Modimolle by tel. 083 293 1396 of vir Mark Stavrakis in Bela-Bela by tel. 082 977 5324.

In Vaalwater kan spelers vir Henco Meyer bel by tel. 083 415 3389 en in Mokopane kan spelers vir William Beeslaar bel by tel. 079 037 8371.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button