Local sportSport

Nylstroom-rugbyklub fokus nou eers op fiksheid

Die Nylstroom-rugbyklub van Modimolle se eerste oefensessie het op Maandag 1 Maart by die sportvelde van Hoërskool Nylstroom afgeskop.

Die Pos het met Jannie Venter, klubpresident en afrigter, gesels. Hy het gesê die manne is baie positief om uiteindelik weer te begin oefen.

“Ons gaan nou spesifiek fokus op fiksheid en balvaardighede sonder enige kontakoefening,” het hy gesê.

Volgens Venter word die afskop van 2020 se Waterbergliga deur die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) en die Limpopo Blou Bulle bepaal. Ingevolge die Covid-19-maatreëls mag daar nog nie rugbywedstryde gespeel word nie.

“Die rugbyliga begin gewoonlik in Mei en vriendskaplike wedstryde word in April gespeel. Daar is egter tans groot onsekerhede oor datums,” het Venter gesê.

Die Waterbergliga sluit al die spanne in Modimolle, Bela-Bela, Mookgopong, Vaalwater, Lephalale, Northam, Groblersdal en Thabazimbi in.

Die span oefen Maandae en Woensdae vanaf 18:00. Voornemende rugbyspelers kan vir Venter bel by tel. 082 372 9853 as hulle wil inskakel by die klub.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button