Local sportSport

Hoërskool Frikkie Meyer se matriekklas mik hoog

Leerders van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi moes verlede jaar saam met die res van die land leer hoe om sterk te staan in moeilike tye.

Die mariekgroep van 2021 het verlede week, kort nadat die nuwe skooljaar afgeskop het, gewys wat in hulle steek deur deel te neem aan die jaar se eerste atletiekproewe.

Dit was gou duidelik dat die Frikkies nie tydens hul welverdiende Desembervakansie — ná ’n besondere uitdagende jaar van isolering en afstandsonderrig — leeggelê het nie.

 

July Luyolo van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi het die spies deur die lug laat trek en vroeg in die seisoen goeie afstande behaal.

 

Die sowat 100 matrieks het in die snikhete somerson baan- en velditems aangedurf om hul talente te toon en vir oulaas hul beste te gee vir hul skool. Leerders het beurte gemaak op die veld terwyl baie van hul klasmaats ingevolge die Covid-19-riglyne op die pawiljoen gesit het om hulle te ondersteun.

 

Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi se matrieks het hul staal gewys tydens die atletiekproewe. Hier land JP Fourie in die verspringput.

 

Tussen die harde werk kon die Frikkies darem tyd maak vir pret en plesier ook.

Een ding is duidelik: Hoërskool Frikkie Meyer se matrieks is ’n groep om mee rekening te hou.

 

Hennie Naudé van Hoërskool Frikkie Meyer het baie goeie tye behaal in die atletiekproewe wat verlede week by dié skool gehou is. Hy is ’n atleet om vanjaar dop te hou.

 

Of dit is om ’n 100 m in ’n paar sekondes kaf te draf of ’n spies die verte in te stuur, die Frikkies gee altyd hul beste met ’n glimlag op die gesig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button