Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Jan-Hendrik du Preez (16), ’n leerder van Hoërskool Warmbad in Bela-Bela, is ’n kranige hengelaar. Hy het reeds in 2019 sy slag by die Bloemhofdam vir die o.19 Limpopospan gewys tydens die Varswater- en Oewerfederasie se hengelkompetisie. Hy is ook gekies om aan die Suid-Afrikaanse Varswater- en Oewerhengelfederasieproewe (SAVOF) deel te neem. Die span se nasionale toer, wat in September verlede jaar sou plaasvind, is weens die Covid-19-pandemie uitgestel tot Maart vanjaar. Jan-Hendrik is intussen ook gekies om einde Januarie aan die Suid-Afrikaanse spele by die Vaalrivier vir die o.19 SAVOF-span deel te neem. Op die foto is hy tydens ’n vorige hengelkompetisie met een van die blinklywe wat hy uitgetrek het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button