Local sportSport

Oud-War­rie skitter by die Griquas

’n Kleintyddroom om vir ’n provinsiale rugbyspan uit te draf het vir oud-Warrie HJ Luüs waar geword.

Luüs draf deesdae vir die Tafel Lager Griquas-rugbyspan uit. Hy studeer deur afstandsonderrig vir sy LLB-graad aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy het in ’n ge­sprek aan Die Pos ge­sê die maan­de­lang­e gren­deltydperk was nie goed vir sy loopbaan nie.

“Ek het baie doel­wit­te ge­had, maar Covid-19 het baie frus­tra­sies ver­oor­saak en ek was met tye baie ongemotiveerd.”

“Ek het nog aan die be­gin van die jaar as haker vir die Ma­ties uitgedraf, maar ná slegs vyf wed­stry­de is die Varsity-bekertoernooi ge­kan­sel­leer toe die Covid-19-pan­de­mie ons land ge­tref het. Ma­ties was op daardie stadium bo-aan die punte­leer en was die gunsteling om vir die derde agtereenvolgende jaar die toernooi te wen. Dit sou ’n mylpaal wees om deel van dié Maties-wenspan te wees.”

Luüs het gesê hy het die geleentheid aangegryp om sedert Junie vir die Griquas-rugbyspan in Kimberley as haker uit te draf.

“Univer­siteits­rug­by het vir my ’n goeie grondslag ge­lê, maar pro­fes­sio­ne­le rugby is taaier en ’n mens is elke dag be­sig om aan tegniek, fiksheid of in die gimnasium te werk. Provinsiale spelers het ook ander verpligtinge wat die program verder vol maak. Ek ge­niet dit ontsettend baie.”

Luüs het sy de­buut op die pro­fes­sio­ne­le front tydens vanjaar se Super Rugby Unlocked-toer­nooi gemaak.

Die Blou Bul­le was die wen­ners van dié li­ga waarin sewe spanne meegeding het en die Griquas het laaste ge­ëin­dig.

“Ons het baie getroue en lojale on­der­steu­ners. Hulle glo in die span en weet ons het letter­lik teen Spring­bok­spe­lers uit­ge­draf. Ons span het by meer as een geleentheid tot halftyd voorgeloop en in drie van ons wedstryde is die bordjies amper verhang. Ons span het sonder twyfel verbeter en die manne is nou gefokus.”

Luüs en sy span­maats neem tans deel aan die Carling Curriebeker-toernooi. Die span het nog twee wed­stry­de vir die jaar oor teen die Vodacom Bulls en die DHL Wes­te­like Pro­vin­sie.

“Die weer­lig het ons on­lang­se wed­stryd teen die Leeus ef­fe geknie­hal­ter toe die wedstryd om veiligheidsredes gestaak is. Die wed­stryd teen die Pha­kisa Pu­mas was nog­al ’n har­de, maar lek­ker wed­stryd.”

Luüs het ge­sê al het die seisoen teen ’n slakkepas vir alle rugbyspelers begin, het hulle nou gevorder en is hulle onstuitbaar.

“Ek het nog geen be­se­rings opge­doen nie. Ons spanbestuur sien baie goed om na ons welstand en sorg dat beserings behandel word en spelers die regte rehabilitasie ondergaan. Toe ek die eers­te keer by die Griquas aange­kom het kon ek voel hoe el­ke per­soon jou mo­ti­veer en elkeen omsien na die span en die individu se welstand. Hulle werk saam as ’n eenheid.”

“Ek het vanjaar een van my lewensdoel­witte be­reik. Ek het altyd gedroom om in die Currie-beker-toernooi te speel.”

Luüs het ge­sê hy beoog om bin­ne­kort by sy familie en vriende in Bela-Bela ’n draai te maak. Sy ouers, Jaco en Almarie Luüs, woon in die Paarl.

“My Kers­fees­bood­skap aan al­mal is om po­si­tief te bly, om nie ving­ers na ­ie­mand te wys nie en om saam­ te staan, want dan kan ons enig­iets deur­maak. Suid-Af­ri­ka­ners gee mos nie mak­lik op nie!”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button