Local sportSport

Reën demp nie die Frikkies se gholfdag

Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi het op Saterdag 21 November hul jaarlikse vierbal-gholfdag by die Thabazimbi-gholfklub aangebied.

Die gholfdag is baie gewild en verstewig jaarliks die skool se fondse aansienlik.

Die weer het aan die begin maar nat en mistroostig gelyk, maar dit het gou in ’n lieflike koel, bewolkte dag verander.

Altesame 20 spanne het vir die kompetisie ingeskryf en die kompetisie was baie mededingend.

Die goeie pryse het ook as aansporing gedien en die dag het goed verloop.

’n Woordvoerder van die skool het gesê skole het vanjaar tydens die Covid-19-pandemie noustrop getrek.

Juis daarom is hulle baie dankbaar vir elkeen wat ’n bydrae gelewer het tot die skool se geldkoffers.

Die borge van die geslaagde dag is tydens die prysuitdelingsgeleentheid hartlik bedank.

Die hoof en personeel van Hoërskool Frikkie Meyer het na afloop van die dag se spel gesê dit is elke jaar ’n voorreg om deel te wees van dié fondsinsamelingsprojek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button