Local sportSport

Kwag­gas staan uit op Loftus

Die Kwag­ga-rug­by­klub van Be­la-Be­la het uitgestaan met hul rooi hemde tydens die jaarlikse Blou Bul-rugbyraadsvergadering by Lof­tus Vers­feld in Pre­toria.

Die ver­ga­de­ring volg op ’n baie uit­da­gen­de sei­soen vir na­sio­na­le, provinsiale en plaas­like klubrug­by weens die verbod op alle sportaktiwiteite tydens die Covid-19-pandemie.

Drum­mond Ham­mond, Kwag­ga-klub­voor­sitter, het aan Die Pos ge­sê dat hy, Lap­pies La­bus­chag­ne (af­rig­ter), Chris Goo­sen (af­rig­ter) en Wy­nand Booy­sen snr. (Kwag­ga-klub­pre­si­dent en vise-pre­si­dent van die Blou Bul­le rug­by-u­nie in Lim­po­po) die ge­leent­heid op Woens­dag 25 Novem­ber by­ge­woon het.

Wil­lem Strauss, pre­si­dent van die Blou Bul­le-rug­by-unie, het in sy jaar­ver­slag g­esê die jaar het ba­ie be­lo­wend begin, maar rug­by het uiteindelik die wind van voor gekry.

Span­ne wat aan die Varsity Cup deel­ge­neem het, het be­wys dat pro­fes­sio­ne­le span­ne ge­noeg woe­ma het en dat hulle ondanks die inperking fiks gebly het.

Die Vo­dacom Blou Bul­le se o.21-span het in Oktober vir die tweede agtereenvolgende jaar as die o.21-kampioene van die veld gestap.

Die veer in die hoed kom die afrigters en spelers toe, want hulle het in moeilike omstandighede gefokus gebly, het Strauss ge­sê.

Strauss het ge­sê die be­stuur hoop dat 2021 meer be­lo­wen­d sal wees en dat meer ge­leent­he­de vir klub­rug­by in Limpopo en die Tshwane-gebied geskep sal word. Vroue-rugby sal ook meer aandag ge­niet. Met die ver­slap­ping van die in­per­kings­maat­reëls het die Super Rugby Unlocked-liga afgeskop.

Sewe provinsiale rugbyspanne het tussen Oktober en November kragte gemeet. Met die aan­stel­ling van Jake White as hoofaf­rig­ter van die Blou Bul­le-rugbyspan was die verwagtinge groot dat die ligbloues weer gedugte teenstanders sal wees en dit was ook so. Die Blou Bulle het die Unlocked-liga ge­wen.

Ham­mond het ge­sê dit was vir die Kwag­ga-ver­teen­woor­di­gers ’n riem onder die hart om te weet dat White as jongspeler op Lord Milner Primary School buite Settlers, waar hy skoolgegaan het, se velde gespeel het.

Die Kwag­ga-be­stuur het die vertroue uitgespreek dat hulle in die toekoms op White se kundigheid kan staatmaak vir die bevordering en afrigting van rugby in Bela-Bela.

Die nuwe seisoen sal nuwe uitdagings bring en daarom is die beplanning baie belangrik vir die Kwag­ga-klub se alge­me­ne jaarver­ga­de­ring wat vroeg in die nuwe jaar sal plaasvind, het Hammond ge­sê. Almal is positief oor die nuwe seisoen.

Besoekers het na af­loop van die Blou Bulle-ver­ga­de­ring die geleentheid gekry om saam met die bestuur van die Blou Bulle-rugby skouers te skuur en die nuwe Unlocked-li­ga se trofee te bewonder.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button