Local sportSport

Armdrukkers palm medaljes in

Die spiere het ge­bult en die deel­ne­mers ge­sweet.

’n Groep arm­druk­kers van Mo­di­mol­le het op Sa­ter­dag 28 No­vem­ber deel­ge­neem aan die na­sio­nale arm­druk­kam­pioen­skap­ wat in eMahlaleni (Wit­bank) ge­hou is.

Die groep word deur Lee Smith en Ma­ri­ka en Johnny Janse van Rens­burg afge­rig. Smith neem al et­li­ke jare in­ter­na­sio­naal deel in die ka­te­go­rie vir ge­strem­des.

Die span het deel­ge­neem as die Lynx Lim­po­po-span.

Smith het goue me­dal­jes vir arm­druk (links en regs) in­ge­palm en ook ge­kwa­li­fiseer om aanstaande jaar aan die wêreld­kam­pioen­skap­ in Ame­rika deel te neem.

Lan­di Smith het ook goud vir arm­druk (links en regs) behaal in die ka­te­go­rie vir vroue bo 40. Sy het twee sil­wer me­dal­jes vir arm­druk (links en regs) in die ope­klas vir vroue behaal.

Si­mo­né Engel­brecht het ’n sil­wer me­dal­je behaal vir regs en brons me­dal­je vir links in die ka­te­go­rie vir mei­sies o.18 wat min­der as 63 kg weeg.

Ry­no Jan­se van Rens­burg het goud behaal vir albei arms en brons in die ope­klas vir arm­druk­kers on­der 70 kg. Alec du Randt het goud (links) en sil­wer (regs) behaal vir o.15-seuns wat min­der as 63 kg weeg.

Hy het in die ope­klas sil­wer vir links en regs behaal. Lean­dro Ma­ritz het twee goue me­dal­jes verower vir links en regs arm­druk vir seuns o.15 wat meer as 70 kg weeg.

Di­van Ma­ritz het sil­wer vir links en brons vir regs behaal in die ka­te­go­rie vir seuns o.9.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button