Local sportSport

Hansies bied spogkliniek aan

Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het op 13 en 14 November ’n atletiekafrigtingskliniek by die skool vir afrigters en atlete aangebied.

Dié kursus was die breinkind van Rinus de Jager, hoof, en Lebu van Heerden, sporthoof.

“Dit was ’n groot voorreg om van die beste afrigters in Suid-Afrika en die Afrika-kontinent hier te kon verwelkom. Hulle kundigheid was tot voordeel van die afrigters en atlete,” het Van Heerden gesê.

Sowat 90 van die Hansies se atlete het afrigting ontvang. Die laerskole en selfs buurskole het ook die geleentheid aangegryp.

Die kliniek was daarop gerig om die 75 afrigters te help met teoretiese en praktiese afrigtingstegnieke. Atlete is bygestaan met foutontleding en oefentegnieke.

Die afrigting het om 11:00 op Vrydag 13 November afgeskop met ’n kontakklas vir afrigters en ’n teoretiese besprekingsessie. Later die middag is die afrigters en atlete verdeel in groepe vir naellope, worpe, middelafstande en spronge.

Pierre Blignaut, oud-Springbok en Suid-Afrikaanse rekordhouer in sy ouderdomsgroep in gewigstoot, was die afrigter vir gewigstoot en diskus. Hy is ook een van Atletiek Suid-Afrika (ASA) se elite-afrigters en was ASA se spanafrigter na 13 verskillende wêreldbyeenkomste vir die jeug en die Olimpiese Spele.

JJ Smit, direkteur van atletiek by Hoërskool Menlopark, was die afrigter vir die middel- en langafstande en is ook ’n ASA-vlak 3-afrigter wat spog met meer as 131 Suid-Afrikaanse kampioene vir middelafstande, naellope en landloop.

Hugo Badenhorst was die afrigter vir spronge. Hy is sedert 2014 voorsitter van die ASA-afrigterskomitee en was spanbe- stuurder na die wêreldkampioenskap in Korea in 2011, Afrika-kampioenskap in Berlyn in 2012 en Mauritius in 2015.

Juan Strydom, ASA-afrigter vir naellope, hekkies en aflos en nasionale keurder van alle spanne sedert 2014, het die naellope en hekkies afgerig. Marna van der Merwe was die afrigter by die spiesgooi. Sy is ’n spiesgooikampioen en afrigter by Hoërskool Monumentpark in Gauteng.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button