Local sportSport

Nylstroom-vliegveld se vlerke geknip

Die vlieg­veld in Modi­mol­le gaan bin­ne­­kort as ’n pri­vaat ­vlieg­veld be­dryf word na­dat daar be­sluit is om dit te de­re­gi­streer.

Ja­co van Zyl, een van die le­de van die Nyl­stroom-vlieg­klub, het aan Die Pos ge­sê hul­le het on­langs met die muni­si­pa­li­teit ver­ga­der en dié be­sluit ge­neem.

Die vlieg­veld, wat reg langs Phaga­meng ge­leë is, staar ver­skeie uit­da­gings in die ge­sig. Hui­se is tot baie na­by aan die lan­ding­strook ge­bou en voet­gangers met krui­waens vol hout stap heen en weer daar­oor. Dit hou ge­vaar vir vlieëniers en voet­gangers in.

Een van die moont­li­ke op­los­sings is dat ’n ste­wi­ge hei­ning tus­sen die vlieg­veld en die hui­se opgerig word.

Vol­gens Van Zyl was dit een van die kwes­sies wat be­spreek is. Die versoek is egter afgekeur. “Ons moet rea­lis­ties wees en be­sef dat die Modi­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit nie die geld het om dit op te rig nie en dat hul­le tal­le an­der be­hoef­tes het waar­na hul­le eers moet aandag skenk.”

Hy het ge­sê die vlieg­klub, wat 12 le­de het wat in Modimolle, Vaal­water en Mook­go­phong woon, sal na die vlieg­veld om­sien. Hul­le hoop dat daar wel la­ter geld be­skik­baar sal wees om ’n hei­ning op te rig.

“Ons sal die vlieg­veld pri­vaat be­stuur. Vlieëniers kan ’n vry­wa­rings­vorm te­ken en dan op eie ri­si­ko hier land en op­styg. In­dien ons voor­af ge­kon­tak word en reëlings ge­tref word, sal ons sorg dat die lan­ding­strook skoon en vei­lig is voor­dat ’n vlieg­tuig land,” het hy ge­sê.

Mar­lene van Sta­den, bur­ge­mees­ter, het be­ves­tig dat sy met die nu­we ko­mi­tee van die vlieg­veld ver­ga­der het.

“Die op­gra­de­ring sal so­wat R1 mil­joen kos, wat die mu­ni­si­pa­li­teit nie tans het nie. Dit wat ons het moet ons ge­bruik om ba­sie­se diens­te aan in­wo­ners te voor­sien. Hoe­wel ons graag die vlieg­veld sal wil op­gra­deer, sal die ge­mid­del­de in­wo­ner ver­kies dat ons eer­der die slag­ga­te reg­maak. “Ons sal eni­ge pro­jek van hul­le kant af on­der­steun. Ons het ’n lang­ter­myn­huur­kon­trak gesluit en wil graag hê dat hul­le suk­sesvol moet wees. Ons sal hulp ver­leen waar ons kan en hul aan­soe­ke om be­fond­sing on­der­steun,” het sy ge­sê.

Die ge­wil­de Taildragger Fly Inn-byeenkoms, wat jaar­liks ­talle vlieëniers van reg­oor die land na Modi­molle se lugruim gelok het, is in Sep­tem­ber vanjaar met groot suk­ses in Bela-Bela aan­ge­bied.

Braam van der Mer­we, voor­sitter van die Val­ke-vlieg­klub in Be­la-Be­la, het by na­vraag ge­sê dit sal vir dié klub ’n voorreg wees om voortaan jaarliks die Taildragger Fly Inn-byeenkoms in Bela-Bela aan te bied.

Die Valke-klub bied ook jaarliks ’n radarbeheerde vliegkompetisie op die vliegveld aan.

Van der Mer­we het gesê dié klub het geesdriftige lede wat self verantwoordelik is vir die onderhoud van die vliegveld. Hy het gesê hulle is vol vertroue dat dié vliegveld ’n veilige en gewilde bymekaarkomplek vir vlieëniers van regoor die land sal word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button