Local sportSport

Rol­bal­sake­li­ga uitein­de­lik weer op die been

Die Warm­bad-­rol­balsa­ke­li­ga sit op Dins­dag 13 Ok­to­ber weer die bal aan die rol.

Plaas­li­ke sa­kelui en hul per­so­neellede neem jaar­liks aan hier­die toer­nooi deel om spanbou en samewerking tussen verskillende rolspelers in die dorp te verbeter.

Die gren­del­staat het egter vanjaar tot gevolg gehad dat die mees­te pro­fes­sio­ne­le sport- en klub­ak­ti­wi­teite in die wiele ge­ry is.

Sportsoorte soos rolbal mag weer sedert die begin van September beoefen word.

Faan Ros­souw, Warm­bad-rol­bal­klub­pre­si­dent, het by na­vraag ge­sê:

“Die aan­soe­ke vir die toer­nooi het reeds ge­sluit, maar ons is opgewonde dat 22 span­ne reeds vir die toer­nooi in­ge­skryf het. Al­mal sien met afwagting na die toernooi uit.”

Volgens die bestuur sal die gewone Covid-19-veligheidsmaatreëls gehandhaaf word.

“Rol­bal SA het aan ons toe­stem­ming ver­leen dat 48 spe­lers op die baan toe­ge­laat mag word en dat ons son­der mas­kers mag speel. Die spelers wat die baan verlaat, moet steeds aan al die veiligheidsmaatreëls voldoen,” het hy ge­sê.

“Die rol­ball­e sal voor­af en ty­dens die toer­nooi ont­smet word en daar moet streng rekord gehou word van teenwoordiges by die klub.”

Ros­souw het ge­sê in­dien ’n spe­ler simp­to­me van Covid-19 het of po­si­tief vir die virus toets, moet hul aan die toernooi onttrek.

’n Plaas­ver­vang­er moet deur die span aan­ge­wys word en die bestuur moet in kennis gestel word.

Ros­souw het benadruk dat die voortbestaan van die toernooi op spelers se samewerking berus. Hy het gesê klublede is, ondanks al die streng maatreëls, baie opgewonde oor die toernooi.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button