Local sportSport

Stap saam met die Sonstralers!

Die len­te­loop bied deel­ne­mers die ge­leent­heid om op hul eie tyd en eie plek deel te neem.

Lus om bene te rek?

Die Son­straal Skool vir Bui­ten­ge­wo­ne On­der­wys in Modi­molle bied op Sa­ter­dag 3 Okto­ber ’n vir­tue­le len­te­loop/draf aan.

Die skool, wat op­lei­ding vir ge­strem­de leerders bied, se be­­plan­­de fonds­­in­­s­a­­me­­lings­­pro­­jek vir vanjaar kon weens die Covid-19-pan­­de­­mie nie plaas­­vind nie en die skool is ge­­nood­­saak om op ver­­skeie an­­der ma­­nie­­re geld in te sa­mel.

Hul­le ver­koop ook op Vry­dae heer­like eet­goed wat pan­nekoek met melk­tert­vul­sel insluit, vet­koe­ke, her­ders­pas­tei met kool­slaai, sop en wors­rol­le.

Hou hul so­sia­le me­diabladsye dop om te sien wat­ter lek­ker­nye vol­gen­de be­skik­baar is.

Die len­te­loop bied deel­ne­mers die ge­leent­heid om op hul eie tyd en eie plek deel te neem teen slegs R50.

Stappers kan self die afstand wat hulle stap, bepaal. Deel­ne­mers sal hul sertifikate elek­tro­nies ont­vang.

Be­lang­stel­len­des kan www.sonstralers.wixsite.com of die skool se Face­book­blad be­soek of skakel hulle by tel. (014) 717 4331 of 082 538 8688.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button