Local sportSport

Plaaslike rugbyspelers doen bes om fiks te bly

“Hulle oefen hard en gaan nou weer gimnasium toe. Al­mal is son­der twy­fel uitge­honger vir rug­by en is po­si­tief oor die toe­koms.”

Die Covid-19-pandemie het wêreldwyd leë rugbysta­dions en pawil­joe­ne veroorsaak.

Pro­fes­sione­le spe­lers van sekere sportsoorte mag ingevolge die verslapte veiligheidsmaatreëls weer aan wedstryde en kompetisies deelneem.

Geen toeskouers word egter toegelaat nie. Oefeninge vir sko­le, klubs en pro­vinsia­le rug­byspelers is egter steeds taboe en dié spelers doen maar meestal tot verde­re ken­nis­gewing kragoefeninge in die gimnasiums.

Rugbyspelers van die Kwaggas-klub in Bela-Bela hou steeds moed en oefen op hul eie.

Volgens Drummond Hammond, klubvoorsitter, doen die spelers baie moeite om fiks te bly en nie slap te lê met hul individuele oefeningsprogramme nie.

“Hulle oefen hard en gaan nou weer gimnasium toe. Al­mal is son­der twy­fel uitge­honger vir rug­by en is po­si­tief oor die toe­koms.”

Die spanlede het sedert Maart nog nie weer saam geoefen nie, maar individuele fiksheidsprogramme gevolg. Alle klubs in die Water­berg-rug­byl­iga was ge­nood­saak om aan die maatreëls, soos uit­een­gesit deur die de­parte­ment van sport, kuns en kul­tuur, die Suid-Afri­kaanse Rug­by­unie (Saru) en die Blou Bulle Rug­by­unie (BBRU), ge­hoor te gee.­

Die Kwag­ga-rug­by­klub het in­tus­sen heelwat navrae ontvang van nuwe spelers wat by die klub wil aansluit, het Ham­mond ge­sê.

“Ons is bevoor­reg dat ons klub­be­stuur steeds positief is, dat ons ge­reeld met mekaar kontak het en dat ons die spelers motiveer. Ons sien uit na die dag dat ons in ons nuwe spandrag kan uitdraf.”

Volgens Hammond sal klubs volgens alle aanduidings eers in 2021 weer in aksie wees.

“Ons voorlo­pige plan is om in Jan­uarie te begin oe­fen — indien die grendelmaatreëls dit toelaat. Ons volg die reëls wat Saru en die BBRU vir ons bepaal,” het hy ge­sê. “Die i­ronie is dat ons die afgelope seisoen onoorwonne is ná die een wedstryd wat ons voor die grendeltydperk gespeel het. Ons spog dus met ’n 100%-wen­persentasie vir 2020,” het Ham­mond ge­skerts.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button