Local sportSport

Medaljes rol in vir Kokanje-atlete

Die drie at­le­te van die Ko­kan­je-af­tree­oord, buite Modimolle, wat ver­le­de week aan ’n wêreld­wye vir­tue­le sport­by­een­koms deel­ge­neem het, het uit­ste­kend pres­teer.

An­net­te van Dyk, Ria Lu­dick en Bab­sie Craf­ford (Gro­bler) het op Sa­ter­dag 1 Augus­tus aan hier­die by­een­koms van Central Gauteng Athletics (CGA) op hul eie baan, wat by die af­tree­oord in­ge­rig is, deel­ge­neem.

Die uitslae van hul po­gings, asook vi­deo’s, is na CGA in Ger­mis­ton ge­stuur en die wen­ners is op Woens­dag 5 Augus­tus be­kend ge­maak. At­le­te uit 25 lan­de het deel­ge­neem.

Van Dyk, wat deel­ge­neem het in die ka­te­go­rie vir vroue van 65 tot 69 jaar, het ’n sil­wer me­dal­je in ge­wig­stoot verower. Sy het ’n per­soon­li­ke bes­te af­stand op­ge­stel met haar stoot van 7,33 m. Sy het ook ’n sil­wer me­dal­je vir werp­skyf verower met ’n af­stand van 15,67 m.

Lu­dick, wat deel­ge­neem het in die ka­te­go­rie vir vroue van 70 tot 74 jaar, het goud ver­werf met haar af­stand van 7 m in ge­wig­stoot.

Dit was ook ’n per­soon­li­ke bes­te af­stand. Sy het ook goud ver­werf vir werp­skyf met ’n af­stand van 16,65 m. Craf­ford het deel­ge­neem in die ka­te­go­rie vir vroue van 75 tot 79 jaar en het sil­wer ge­kry vir ge­wig­stoot met ’n af­stand van 5,25 m en goud vir haar werp­skyf-af­stand van 14,12 m.

Al drie at­le­te het Gau­teng-Noord stan­daar­de be­haal. Die drie at­le­te het se­dert Ja­nua­rie twee tot drie keer per week ge­oefen om vir die kom­pe­ti­sie voor te berei.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button