Local sportSport

Sport­klubs wag in spanning om te hoor wanneer hul weer kan oefen

Sport­klubs sal nog ’n ruk moet wag voordat hulle weer mededingend teen an­der klubs kan meeding.

Luidens ’n verklaring van Wil­lem Strauss, pre­si­dent van die Blou Bulle rugby-­unie (BBRU), aan die Kwag­ga-rug­by­klub van Be­la-Be­la, mag daar tans slegs beperkte oefening deur professionele atlete en spanlede plaasvind. Die riglyne vir professionele spansportoefening is op Sa­ter­dag 30 Mei deur Na­thi Mtheth­wa, mi­nis­ter van sport, kuns en kul­tuur, uit­een­ge­sit. Die vrees bestaan dat span­byeen­koms­te die ko­rona­vi­rus (Covid-19) ver­der kan laat ver­sprei.

Plaas­li­ke sport­klubs word steeds ver­bied om op vlak 3 saam te oe­fen en mag nie aan wed­stry­de deelneem nie.

Die pre­sie­se voor­waar­des wat ty­dens vlak 3 van die gren­del­tyd van toe­pas­sing sal wees op pro­fes­sio­ne­le at­le­te moet nog in die Staats­koe­rant ge­pu­bli­seer word.

Die Wa­ter­berg-rug­by­l­iga se program word intussen tot ver­de­re ken­nis­ge­wing teruggehou.

Die Kwag­ga-rug­by­span se lede het tydens die inperking individuele oefenprogramme van hul afrigters ontvang om hul krag en stamina op te bou.

Die Nyl­stroom-klublede het ook op hul eie ge­oe­fen.

“Die te­leur­stel­ling om nie te speel nie, raak almal. Die spe­lers is angs­tig om weer te kan speel en ons wag op die re­ge­ring om aan te dui wat die pad vorentoe is,” het Jan­nie Ven­ter, Nyl­stroom-klub­pre­si­dent, aan Die Pos ge­sê.

Die Nylstroom-klubbe­stuur en span­le­de hoop om teen Au­gus­tus die groen ­lig te kry om weer te oe­fen en om in Sep­tem­ber teen an­der span­ne mee te ding, het Venter gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button