Local sportSport

Krieketlig­a ein­dig op hoë ’n noot

Die spe­lers van die Nyl­stroom-krie­ket­klub het op Son­dag 1 Maart krag­te ge­meet met die Lim­popo Strikers van Bela-Bela op Nyl­stroom se goed­voor­be­rei­de krie­ket­veld.

Dit was die laas­te wed­stryd van die Wa­ter­berg 50-beurtli­ga.

Nyl­stroom het eers­te ge­kolf en 317 lo­pies vir agt paal­tjies aan­ge­te­ken. Die uit­blin­kers met die kolf was Adriaan van der Walt met 96 lo­pies en Ja­nus Neeth­ling, wat 36 lo­pies van se­we bal­le af ge­mo­ker het. Dit het ses ses­se in­ge­sluit. Die uit­blin­kers met die bal was An­drie Cron­jé, wat ses paal­tjies plat­ge­trek het vir slegs 36 lo­pies in se­we boul­beur­te en Ma­rius Kru­ger, wat twee paal­tjies ge­neem het vir tien lo­pies in twee boul­beur­te.

Die Lim­po­po Strikers kon slegs 97 lo­pies aan­te­ken en Nyl­stroom het die wed­stryd met 220 lo­pies gewen.

“Die Nyl­stroom-krie­ket­klub wil graag vir Wol­lie Booyse hart­lik be­dank vir al die tyd en moei­te om al­tyd ’n puik veld en blad voor te be­rei en ook vir Na­stassja Julyan, wat fo­to’s ge­neem het,” het Pier­re Bo­tha van die klub ge­sê.

Lim­po­po Strikers het as wen­ners uit die li­ga ge­stap met 29 pun­te en Nyl­stroom was twee­de met 24 pun­te. Die Vaal­wa­ter Vikings het ne­ge pun­te in­ge­sa­mel en Ma­hwe­lereng Vultures het twee pun­te by­me­kaar ge­maak.

Die 2020 T20-li­ga skop in Augus­tus af en oefe­ninge duur steeds voort.

Eni­ge be­lang­stel­len­des wat by die Nyl­stroom-krie­ket­klub wil aan­sluit, kan vir Buks de Ja­ger bel by tel. 072 661 3726.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button