Local sportSport

Gewilde Wa­ter­berg-rug­byfees skop dié Sa­ter­dag af

Spe­lers van die on­der­skei­e plaas­li­ke dorpsrug­by­span­ne sien uit na die ko­men­de Wa­ter­berg Fees-rug­by­kom­pe­ti­sie.

Hierdie kompetisie is die voorloper vir die liga wat later vanjaar plaasvind.

Span­ne soos die Kwag­ga-rugbyklub van Be­la-Be­la het ter voor­be­rei­ding die af­ge­lo­pe aantal we­ke in groe­pe aan fik­sheids­toet­se deelgeneem.

Vol­gens Drum­mond Ham­mond, Kwag­ga-klub­voor­sit­ter, be­loof die Wa­ter­berg Fees om op­win­dende rugby vir die spe­lers en toeskouers op te lewer.

El­ke span speel 35 mi­nu­te aan ’n kant. ’n Span be­oor­de­laars ken pun­te toe vir el­ke be­we­ging wat op die veld uit­ge­voer word.

Vir el­ke drie wat ge­druk word wen die span een punt, vir el­ke skrum vyf pun­te, vir el­ke lyn­staan vyf punte en vir die bes­te span­gees kan nog drie punte bygereken word. Die span met die gees­drif­tigste toeskouers kan nog drie punte by hul totaal tel.

Vir el­ke skrum of lyn­staan wat ’n span afstaan, verbeur hulle egter een punt en dié punte word van die totaal afgetrek.

Altesame 11 rug­by­klubs — A­man­del­bult, die Rhi­no’s, die Kwag­gas, Marble Hall, Mo­gol, Pot­gie­ters­rus, Na­boom, Vaal­water, Ny­lstroom, Tha­ba­zim­bi en Los­kop — neem deel aan die kom­pe­ti­sie.

Die eers­te wed­stry­de skop op Sa­ter­dag 14 Maart om 15:30 op A­man­del­bult se rugbyveld af tus­sen die Kwag­gas en die span van Marble Hall. Die Na­boom- en Vaal­wa­ter-rug­by­klubs speel die­sel­fde tyd op Mo­gol se vel­de.

Die an­der da­tums, ty­e en plekke van die kom­pe­ti­sie is voor­lo­pig as volg:

  • Sa­ter­dag 21 Maart in Marble Hall: Kwag­gas teen Pot­gie­ters­rus om 15:30. Mar­ble Hall teen Nyl­stroom om 17:00.
  • Sa­ter­dag 21 Maart in Mook­go­phong: Tha­ba­zim­bi teen Mo­gol om 14:00. Los­kop teen Vaal­wa­ter om 15:30. Na­boom teen Rhi­no-klub om 17:00.
  • Sa­ter­dag 28 Maart in Los­kop: Na­boom teen Marble Hall om 15:30.
  • Sa­ter­dag 28 Maart in Mo­di­mol­le: Nyl­stroom teen Mo­gol om 17:00.
  • Sa­ter­dag 4 A­pril in Vaal­wa­ter: A­man­del­bult teen Kwag­gas om 14:00. Nyl­stroom teen Los­kop om 15:30. Vaal­wa­ter teen Mo­gol om 17:00.
  • Sa­ter­dag 4 A­pril in Mo­ko­pa­ne: Tha­ba­zim­bi teen Rhino-klub om 15:30. Na­boom teen Pot­gie­ters­rus om 17:00.
  • Sa­ter­dag 18 A­pril in Be­la-Be­la: Los­kop en Tha­ba­zim­bi om 14:00. Vaal­wa­ter teen A­man­del­bult om 15:30. Kwag­gas teen Na­boom om 17:00.
  • Sa­ter­dag 18 A­pril in Nor­tham: Rhi­no-klub teen Nyl­stroom om 17:00.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button