Local sportSport

G’n rekord veilig by dié Danél!

Om ’n re­kord te verbeter is iets be­son­ders.

Om vyf in­ter­hoër­re­kords in vyf jaar te verbeter is beslis iets vir die rekord­boe­ke.

Danél Nie­mann, ’n o.19-at­leet van Hoër­skool Nyl­stroom, het haar droom die af­ge­lo­pe na­week ver­we­sen­lik toe sy die ge­wig­stoot­re­kord van 13,02 m, wat in 1972 deur Cor­ra Schoom­bee op­ge­stel is, met by­kans ’n hal­we me­ter ver­be­ter het. Danél het ’n af­stand van 13,45 m ge­gooi.

 

Hier is sy saam met Anton du Plessis, die Nylies se skoolhoof. Foto: Herman Steyn

 

“Ek het die af­ge­lo­pe twee we­ke nie ge­slaap nie. Ek was baie be­kom­merd of ek die re­kord sou kon verbeter, maar het ge­droom daar­van. Ek gooi nog nie kon­stant oor die 13 m nie en het my­self die he­le week moed in­ge­praat dat ek dit ty­dens die by­een­koms sal kan doen,” ver­tel die don­ker­kop ma­triek­leer­der. “Ek was emo­sio­neel om­dat dit die laas­te keer was dat ek vir my skool kon deel­neem.” Sy was ook vanjaar at­le­tiek­kap­tein.

Danél is die re­kord­hou­er in el­ke ouder­doms­groep. Sy het in 2016 die re­kord vir o.14-meisies na 12,27 m (3 kg) verbeter, in 2017 (o.15-meisies) het sy die rekord na 13,26 m (3 kg) verbeter, in 2018 (o.16) het sy opgeskuif na 13,33 m (3 kg) en in 2019 (o.17) het sy die rekord na ’n af­stand van 13,63 m (3 kg) verbeter. Vanjaar staan haar rekord op 13,45 m met ’n ge­wig van 4 kg.

Da­nél is al se­dert laer­skool­dae ’n ge­wig­sto­ter.

“My pa was ’n baie goeie 100 m- en 200 m-at­leet, maar ek het nie van hard­loop ge­hou nie en in gr. 4 eer­der ge­wig­stoot gaan doen. Ek het in dié jaar my eers­te re­kord verbeter,” het sy ge­sê.

Dié pre­sta­sie kom nie som­mer maklik nie. Sy oefen el­ke dag vier uur lank — twee uur in die gim­na­sium om plof­krag te bou en twee uur op die veld aan haar teg­niek.
Nou­dat die in­ter­hoër en droom­re­kord ag­ter die blad is, lê die Suid-Afri­kaan­se kam­pioen­skap, wat van 18‑21 Maart in Boks­burg plaas­vind, voor. At­le­tiek Suid-Afri­ka se by­een­koms is la­ter van­jaar in die Paarl.

“My af­stand is op hier­die sta­dium die twee­de­ bes­te in die land. Ek staan ’n kans om ’n me­dal­je te kry, maar dit hang af van wat op die dag van die by­een­koms ge­beur,” het sy ge­sê.

Die jong at­leet trek aan­dag en is deur die ra­dio­sta­sie RSG vir ’n on­der­houd genooi.

Vir nou fo­kus sy daar­op om haar ma­triek­jaar klaar te maak.

“Ek is dank­baar vir vyf jaar se ge­leent­he­de. My hart is seer omdat my skole-at­le­tiek­loop­baan am­per op ’n ein­de is, maar ek is trots op my skool,” het sy ge­sê.

Sy be­dank ook die plaas­li­ke on­der­ne­mings wat haar ge­borg het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button