Local sportSport

Kolwe swaai in krieketliga

Die Water­berg-krie­ket­liga se 50 boul­beurt­li­g­a is in vol­le swang met vier klubs wat deel­neem.

Die Nyl­stroom-krie­ket­klub, Lim­popo Strikers (Bela-Bela), Vaal­wa­ter-krie­ket­klub en Ma­hwe­le­reng Vultures meet in die volgende twee maande krag­te in dié liga­wed­stry­de.

Die span­ne van Nyl­stroom en Ma­hwe­le­reng het op Son­dag 2 Fe­brua­rie krag­te ge­meet en Nyl­stroom het die wed­stryd met 167 lo­pies ge­wen.

 

Die uit­blin­kers (links) in die wed­stryd tus­sen die Nyl­stroom-krie­ket­klub en die Mah-
we­le­reng Vultures op Son­dag 2 Fe­brua­rie was Carl Hoonen­berg met ’n allemintige 88 lopies en Hein­rich Brits, wat sewe paaltjies laat kantel het vir slegs 13 lopies.

 

Die uit­blin­kers van die Nyl­stroom-krie­ket­klub was Hein­rich Brits, wat se­we paal­tjies ge­neem het vir slegs 13 lo­pies, en Carl Hoonen­berg wat 88 lo­pies aan­ge­te­ken het.

“Hierdie na­week is dit weer ’n Nyl­stroom- en Warm­bad-derby. Kom ge­niet die dag saam met ons op Sett­lers. Die Nyl­stroom-krie­ket­klub is ’n lek­ker so­sia­le krie­ket­klub vir oud en jonk. Eni­giemand is wel­kom om aan te sluit,” het Paul Els van die klub gesê.

Vir meer in­lig­ting ska­kel tel. 072 661 3726.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button