Local sportSport

Nylies breek rekords links en regs

Hoërskool Nylstroom se atlete was witwarm tydens hul jaarlikse huissport wat op Vrydag 24 Januarie gehou is. Geen rekord was dié dag veilig nie.

Die Koedoes en die Elande het mekaar die stryd aangesê op die grasgroen atletiekveld wat reg is vir die jaarlikse Bosveld Interhoër wat einde Februarie by dié skool aangebied word.

Die o.14-atleet Tariro Nkosi het nie minder as drie rekords aan skerwe laat spat nie. Sy het die meisies o.14-hoogspringrekord, wat in 1981 opgestel is, van 1,54 m verbeter na 1.62 m. In die 90 m-hekkies het sy Bianca Engelbrecht se tyd van 17.10 sekondes wat in 2017 opgestel is, verbeter na 16.50 sekondes.

 

Die skoolhoof, Anton du Plessis, oorhandig Martin Vosloo se medalje. Hy het die 100 m-rekord vir o.17-seuns verbeter van 11.40 sekondes na 10.90 sekondes. Hy het ook die 200m-rekord van 22.90 sekondes na 22.70 sekondes verbeter.

 

Nkosi en Anika Swart het albei die o.14-meisies se 300 m-hekkiesrekord van 58.70 sekondes, wat deur ’n onderwyser by die skool, Zanelle Bester, in 2013 opgestel is, verbeter. Nkosi se tyd was 55.20 sekondes en Swart se tyd was 57.60 sekondes.

Nkosi is aangewys as beste atleet van die dag en het die meeste ABSA-punte ingesamel.

Die blitsige Martin Vosloo het die 100 m-rekord vir o.17-seuns verbeter van 11.40 sekondes na 10.90 sekondes. Hy het ook die 200 m-rekord, in dieselfde ouderdomsgroep, van 22.90 sekondes verbeter na 22.70 sekondes. Dié rekord het 19 jaar lank gestaan.

Die o.17-seuns se aflosspan was kookwater en het die rekord van 0:46:80 sekondes, wat in 1992 opgestel is, geëwenaar.

Nog steeds was die Nylies nie moeg nie. Herco Seegers het die o.19-seuns se diskusrekord van 40.60 m verbeter na 41.17 m. Anika Holtzhausen het die o.16-meisies se spiesgooirekord opgeskuif van 27.82 m  na ’n allemintige 30.77 m. Danel Niemann het die o.19-meisies se gewigstootrekord van 11.49 m   verplaas na 12.38 m.

Cerise Burger was aangewys as die Forum Makelaars Victrix Ludorum en Martin Vosloo as die Forum Makelaars Victor Ludorum. Die Elande-span het die dag gewen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button