Local sportSport

Oud-Hansies byeen vir ’n goeie potjie gholf

Gholf­spe­lers het van hein­de en ver op­ge­daag om deel te neem aan Hoër­skool Hans Strij­dom in Mook­go­phong se gholf­dag.

Meer as 80 oud­leer­ders het aan die ge­sel­li­ge by­een­koms deel­ge­neem.

Die spe­lers het op Sa­ter­dag 23 No­vem­ber by die Na­boom­spruit-gholf­baan aan­ge­kom vir die gholf­dag wat deur Mauritz Han­sen, een van die vo­ri­ge hoof­de van die skool, ge­reël is. Vol­gens Han­sen was daar nie min­der nie as se­we oud­hoof­seuns wat hul ver­nuf op die gholf­baan gewys het. Die spel­for­maat was ’n vier­bal-al­lian­sie, bes­te bof­hou en twee tel­lings op el­ke put­jie. Altesame 18 span­ne het deel­ge­neem.

Die dag is ge­hou om die ban­de tus­sen oud-Han­sies te ver­ste­wig en geld wat in­ge­sa­mel is, sal hoof­saak­lik ten ba­te van die gholf­klub aan­ge­wend word. “Die same­syn was heer­lik en ’n won­der­li­ke gees van same­ho­rig­heid en Han­sie-ka­me­raad­skap het ge­heers,” het Han­sen ge­sê.

Spik­kels de Wet, waar­ne­men­de hoof, kon nie uit­ge­praat raak oor al die oud­leer­ders wat hy ná baie ja­re weer ge­sien het nie. “Dit was ’n be­le­we­nis, want ek het die mees­te van die spe­lers ge­ken,” het hy ge­sê.

Rus­sel Frans en De Wet het die pry­se vir naas­te aan die pen ge­wen. Naas Mul­ler se span was die wen­ners met 108 pun­te, Hen­drik Ma­lan se span was twee­de met 107 pun­te en Quin­ton Bo­tes se span der­de met 106 pun­te.

Daar was drie ska­pe op die spit en daar is tot laat ont­hou- jy-nog-ver­hale ver­tel. Die gholf­dag sal voortaan jaar­liks plaas­vind.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button