Local sportSport

Drie atlete ryg medaljes in

Drie mees­ters­at­le­te het die af­ge­lo­pe week te­rug­ge­keer Bos­veld toe met nie min­der nie as 11 me­dal­jes.

Die drie at­le­te, wat in die Ko­kan­je-aftree­oord buite Modimolle woon, het op Vry­dag 8 No­vem­ber en Sa­ter­dag 9 No­vem­ber aan die Vry­staat­se mees­ters­at­le­tiek­kam­pioen­skap in Bloem­fon­tein deel­ge­neem.

Bab­sie Gro­bler en Anet­te van Dyk het al­bei goue me­dal­jes vir drie­kamp, ge­wig­stoot, spies­gooi, werp­skyf en ge­wig­gooi verwerf. Gro­bler neem deel in die ka­te­go­rie vir 75 tot 79 jaar en Van Dyk in die kate­go­rie vir at­le­te van 60 tot 64 jaar. Ria Lu­dik, wat vir die eers­te keer deel­ge­neem het, het haar staal gewys en ’n goue medalje in die ka­te­go­rie vir 70- tot 74-ja­ri­ge at­le­te ver­werf en vier vier­de plek­ke be­haal.

Gro­bler en Van Dyk het in Mei van­jaar ook uit­ge­blink ty­dens die Suid-Afri­kaan­se mees­ters­kam­pioen­skap in Oudts­hoorn. Van Dyk neem al ja­re lank aan mees­ters­at­le­tiek deel en het al 14 keer aan die Com­­ra­des-ma­ra­­thon deel­­g­e­­neem en ses keer aan die Ar­gus-fiets­­ren. Sy het ook al die Mid­­mar-­myl en Potch-­­myl aan­ge­durf.

Gro­bler het van­te­vo­re aan die wêreld­­kam­­pioen­­skap vir lyn­­dans in Ame­­ri­ka deel­­ge­­neem, as­ook aan mees­­ters­at­­le­­tiek se nae­­llo­­op.

“Ria het baie goed gevaar. Sy is baie ge­mo­ti­veerd en het baie na­vor­sing oor teg­niek gedoen,” het Gro­bler ge­sê.

Die vroue oefen op Dins­dae en Don­der­dae in Bela-Bela en word deur die pro­fes­sio­ne­le af­rig­ter Mar­na van der Mer­we afgerig. “As dit nie vir Mar­na se hulp was nie, sou ons nie so goed ge­doen het nie,” het Grobler ge­sê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button