Local sportSport

Gee vet!

Stof­wol­ke en die ge­dreun van motor­fiet­se het die Roed­tan Rally luidkeels op Sa­ter­dag 19 Ok­to­ber aan­ge­kon­dig.

Dié ­ren vir veld­mo­tor­fiet­se word twee keer per jaar ten ba­te van Laer­skool By­son­der­heid in Roed­tan aangebied. Die af­ge­lo­pe by­een­koms is by die vei­lings­kra­le in Roed­tan ge­hou.

Altesame 101 in­skry­wings is in die ver­skil­len­de ka­te­go­rieë ont­vang. Luan Gey­er het die eers­te plek in die ka­te­go­rie vir ju­niors ver­werf. Wil­ma­rie Möl­ler het die vroue-af­de­ling ge­wen en Wil­lem van Bil­jon was die wen­ner in die mo­tor­fiet­s-kategorie en ook al­ge­he­le kam­pioen. Jo­han Oost­hui­zen het weg­ge­stap met die eers­te plek vir vier­wiel­mo­tor­fiet­se.

Daar was on­ge­luk­kig deel­ne­mers wat beseer is. Philip Hobbs, ’n gr. 9-leer­der aan Hoër­skool Hans Strij­dom in Mook­go­phong, is in die hos­pi­taal op­ge­neem na­dat hy sy sleu­tel­been, vingers en ge­wrig ge­breek het en sy knieli­ga­ment ge­skeur het. Hy het ook hoof­be­se­rings op­ge­doen, maar is in­tus­sen ont­slaan en sterk tuis aan.

Die eers­te wed­ren wat op Sa­terdag 9 Maart ge­hou is, was volgens Nardus Visser, skoolhoof, ’n groot suk­ses.

Vyf van die per­so­neel­le­de en die ad­mi­ni­stra­tie­we per­so­neel van die skool word deur die be­heer­lig­gaam be­taal. Die jaar­lik­se veld­wed­ren­ne is ’n be­lang­rike deel van fonds­in­sa­me­ling vir die skool. Die geld word ook aan­ge­wend vir in­stand­hou­ding. Die skool het 55 leerders, se­we per­so­neel­le­de, drie ad­mi­na­stra­tie­we per­so­neellede en iemand wat ver­ant­woor­de­lik is vir skoon­maak.

“Ons is baie dankbaar teenoor al ons bor­ge, plaas­eie­naars vir die ge­bruik van hul pla­se vir die roe­te, ouers wat hard ge­werk het en al die deel­ne­mers en on­der­steu­ners. Son­der jul­le by­drae sou die veld­wed­ren nie so ’n groot suk­ses ge­wees het nie,” het een van die or­ga­ni­seer­ders ge­sê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button