Local sportSport

Trek die drafskoene nader

Die wedloop lok jaarliks ongeveer 1 200 at­lete wat ’n groot myl­paal vir ’n platte­landse wedloop is.

Die jaarlikse SuperSpar Bela-Bela-marathon is een van die hoogte­punte op drawwers en stappers se jaarlikse pad­wedloop­kalen­der en word met trots aange­bied deur die Bela-Bela/Warmbad-marathon­klub.

Die wedloop vind op Sater­dag 9 November plaas terwyl die klub sommer ook die 30ste bestaansjaar van dié pad­wedloop vier. Die wedloop se begin- en eind­punt is by die hoof­pawil­joen op Hoër­skool Warm­bad se sport­terrein.

Die wedloop lok jaarliks ongeveer 1 200 at­lete wat ’n groot myl­paal vir ’n platte­landse wedloop is.

Afstande waaraan deel­geneem kan word, sluit in 42,2 km (Comrades-kwa­lifiseer­der), 21,1 km, 10 km en ’n 5 km-pretdraf. Stap­pers is wel­kom in al die afstande en stoot­waen­tjies word in die 5 km toege­laat.

SuperSpar Bela-Bela, waarvan Carel Coetzee die eienaar is, is weer vanjaar die hoof­borg.

Agua è Vida Living Water is die water­borg en hulle sal seker maak dat atlete die beste gehalte water, verryk met 84 mi­nerale, tydens die wedloop ontvang.

Voorafinskry­wings kan aanlyn gedoen word by www.entrytime.com(.)

Dié aanlyninskry­wings sluit op Vrydag 1 November, maar daar kan nog op Vrydag 8 Novem­ber by SuperSpar Bela-Bela vanaf 16:00 tot 19:00 ingeskryf word, asook die oggend van die wedloop vanaf 04:30 (by die weg­spring­punt by Hoër­skool Warm­bad).

Wedloop­nom­mers kan op Vry­dag 8 Novem­ber vanaf 16:00 tot 19:00 by SuperSpar Bela-Bela afgehaal word of op Sater­dagog­gend vanaf 04:30 by die weg­spring­punt.

Daar wag heerlike verver­sings by die eindpunt en daar sal ook ’n bier­tuin wees om die dors te les.

Neels Venter, klub­voor­sit­ter, bedank die gemeenskap en mense by die water­punte vir hulle lojale ondersteuning en bydraes.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button