Local sportSport

Eerste plek vir duiweboer

Gert Pieterse van Mook­go­phong se jare ­lange harde werk, toe­wy­ding en passie is beloon en sy droom bewaar­heid toe hy aan­ge­wys is as alge­hele wenner en wed­vlug­duiwe­boer van Lim­popo vir 2019.

Pieterse is aan­gewys as kam­pioen van die Sentraal-streek én die ge­komb­ineerde Verre Noord Resies­duif Fede­rasie (VNRF) en Sen­traal-Lim­popo (SLIM) se kam­pioen­skap. Hy het al die kate­gorieë gewen met 5 468 punte. Pieter Bekker van Modi­molle was tweede met 5 378 punte en Vikings Racing Team derde met 5 283 punte. In die Sen­traal-streek het hy Trevor Webster met 61 punte geklop. Pieterse sal sy tro­feë op Sater­dag 2 Novem­ber by ’n glans­ge­leent­heid in Polo­kwane ont­vang.

“Daar is elke naweek twee wed­vlugte. My jong duiwe het aan die begin van die sei­soen siek geword en dit het nie goed ge­gaan nie. Ge­lukkig het hulle reg­ge­kom en uitstekend gevlieg,” het ’n trotse Pieterse aan Die Pos vertel.

Hy sê duiwe­boere van regoor die land wil van sy gesogte duiwe bekom. “Ek was só dank­baar dat ek sommer van my duiwe weg­ge­gee het. Dit is ’n lekker gevoel om ander boere te help en mekaar te onder­steun,” het hy beskeie gesê.

Pieterse praat met trots van sy hok­be­stuurder wat twee jaar gelede saam met hom begin werk het. Hampie Kruger (77) is ’n pen­sioen­trekker wat self jare lank met wed­vlug­duiwe geboer en gevlieg het. Hy het in 1960 op Spring­fon­tein in die Vry­staat met dié stok­perdjie begin, maar omdat hy as spoor­weg­wer­ker baie moes ver­huis, het hy die duiwe­boer­dery laat vaar.

Nadat hy ’n adver­tensie gesien het van Pieterse wat ’n hok­bestuur­der wou aanstel, het hy geweet dit is wat hy tydens sy aftrede wil doen. “Ek is so gelukkig om hom hier te hê om my te help,” het Pieterse gesê.

Pieterse het sowat 30 jaar gelede, toe hy self nog op skool by Hoër­skool Hans Strij­dom was, met die sport begin.

Hy laat sy duiwe elke dag sowat 40-60 km vlieg. Hy het in 2011 ’n nuwe duiwe­hok gebou met venti­lasie in die dak sodat daar altyd genoeg vars lug vir die duiwe is.

“Dit is harde werk en baie genade en ek is dank­baar vir van­jaar se sukses,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button