Local sportSport

Langasemperde en ruiters lê baie kilometers af

Altesame 95 per­de het deel­ge­neem aan die Water­berg-uit­hou­rit­klub se twee­daagse ­rit wat op 27 en 28 Sep­tem­ber bui­te Modi­mol­le ge­hou is.

Dit was een groot stof­storm, sweet en lek­ker­kry die he­le na­week deur.

“Rui­ters van so­ver as Newcastle het op­ge­daag vir die Bos­veld-uit­hou­rit. Nie eens ’n per­de­wa met ge­breek­te wiel­laers kon die rui­ters keer nie,” het Ma­riet­jie van der Mer­we van die klub ge­sê. “Die Wa­ter­ber­gers het hard ge­werk om die rit ’n groot suk­ses te maak.”

’n Paar klein Nylies het op Vry­dag 27 Sep­tem­ber ook ge­wys hul­le het murg in hul py­pe. Hein Pre­to­rius op Deo Gratias Rosali, Re­ze Swart op Comar­de Al-Sha­ma, Za­nel van Sta­den op Misty en Skye­lar Ruth­ven op Whisper het al­mal die 40 km vir dag­rui­ters vol­tooi. Mie­ke Fer­rei­ra op Beauty het ook 40 km vol­tooi. Cecile Kru­ger op Deo Gratias Angelo, Ma­rie­tjie van der Mer­we op Na­zee en Schalk van der Mer­we op Deo Gratias Roi het die 80 km kaf­ge­draf.

Die vee­arts­pa­neel was baie beïn­druk deur die klein Ny­lies se toe­wy­ding en ver­sor­ging van hul per­de.

Altesame 66 ruiters het op Sater­dag 28 Sep­tem­ber weg­ge­trek op die roe­te wat lek­ker sag ge­trap is deur die vo­ri­ge dag se per­de­hoe­we. Dik sand en stof en warm son het vas­byt ge­verg van die rui­ters en per­de. El­ke 5 km kon die per­de hul dors les by wa­ter­pun­te. Ook die rui­ters is ge­laaf met ge­vries­de wa­ter­sak­kies.

Klein Ny­lie Zua­lize Booy­sen het haar eers­te rit van 40 km met n groot glim­lag op Deo Gratias Rosali se rug voltooi. Ma­ri­sa Be­na­de, ’n oud-Va­lie, het ook 40 km vol­tooi. Cecile Kru­ger het op Comarde A-lShama 40 km ge­doen wat dan die perd se “novice”-fa­se van 40 km af­han­del. Laer­skool Nyl­stroom se Ani­ka Swart op Arkab Frieda was der­de in die 80 km-kin­der­af­de­ling en Luan Pre­to­rius op Deo Gratias Fan­ta­sia was twee­de in die­self­de ka­te­go­rie.

Die lig­ge­wig­te van Water­berg was ook goed ver­teen­woor­dig. Ma­riet­jie van der Mer­we op Deo Gratias Zeena was der­de en Li­zet­te Ens­lin was vier­de op Deo Gratias Piper.

Drie vee­art­se het Sa­ter­dag ge­help om se­ker te maak dat die per­de nie be­seer is of eni­ge me­ta­bo­lie­se pro­ble­me het nie. “Die goue reël by uit­hou­rit­te is dat die perd ná die laas­te been van 20 km steeds fiks genoeg moet wees om voort te gaan. Fiks­heid, kon­di­sie en goeie rui­ter­skap dra die perd deur die 80 km,” het Van der Merwe gesê.

Geen rui­ter is be­seer nie en die Wa­ter­berg-uit­hou­rit­klub is baie dank­baar daar­voor. Die vol­gen­de rit sal aan die ein­de van Maart vol­gen­de jaar ge­hou word. Daar is van­jaar nog een rit in Lim­po­po oor. Dit word deur die Le­tha­ba-uit­hou­rit­klub aan­ge­bied na­by Polo­kwa­ne.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button