Local sportSport

Bekende sportafrigter se duiwe vlieg fluks

Om met dui­we te boer en aan wed­vlug­te deel te neem is ’n bietjie soos om gholf te speel — een dag is ’n mens nog voor en net die volgende dag moet jy weer van agter af probeer inhaal.

Só vertel Van Ree­nen Cloete, be­ken­de sport­af­rig­ter en y­we­ri­ge wed­vlug­deel­ne­mer van Be­la-Be­la nadat hy as u­nie­kam­pioen van die Sen­traal Lim­po­po Dui­we-unie se wed­vlug­kom­pe­ti­sie gekroon is.
Hy het agt jaar gelede ook dié titel gewen.

Die kom­pe­ti­sie het in Mei 2018 begin en oor 18 maande gestrek. Duiwe het van ver­skei­e plek­ke in die land in ’n ’n nael­bytstryd meegeding.

Die pun­te­ver­skil in die top­po­si­sie ná el­ke wed­vlug het maar tus­sen vyf en tien pun­te ge­wis­sel.

Cloete het ’n sug van ver­lig­ting ge­slaak toe hy ty­dens die fi­na­le kom­pe­ti­sie in Vir­gi­nia met 7 725 pun­te ge­wen het. Dit was tien pun­te meer as sy mededinger, Pie­ter Bek­ker, se 7 715-pun­te.

Pie­ter Both­ma was der­de met 7 710, gevolg deur Ju­rie Schoe­man met 7 703 pun­te nadat al hul duiwe geklok is.

Cloete het slegs 30 wed­vlug­dui­we ge­had wat teen hon­der­de duiwe van ander duiweboere deel­ge­neem het.

“Ek het op vyfjarige ouderdom saam met my ou­pa, Piet Tal­jaard (95), by duiwe­sport be­trok­ke ge­raak. Hierdie keer was dit egter anders om as wenner gekroon te word, want my oupa is ’n maand ge­le­de by die Warm­bad Rus­oord oor­le­de. Dit was hy wat my alles van dié sport geleer het en as klein seuntjie gees­drif­tig gemaak het oor die fynere kunsies van dié boerdery. My oupa was die dryfkrag agter ons boerdery,” het Cloe­te ge­sê.

Die mees­te van sy dui­we is oor 25 jaar ge­teel met die hulp van be­ken­de plaas­li­ke dui­we­boer, Frank Fer­reira van One Sol Loft bui­te die dorp.

Cloete het gesê Fer­re­ira se kundigheid oor die hantering van wedvlugduiwe het ’n groot indruk op hom gemaak.

Elk­een van Cloe­te se dui­we het na­me en is ver­noem na Vikings, ander krygs­man­ne of mense met ’n oor­logs­ti­tel.

Vir hom is die ver­hou­ding tus­sen eie­naar en duif iets eiesoortigs.

“Men­se moet be­sef as ’n duif in sy hok is, is jy sy baas. Wanneer hy in die lug is, is hy of sy jóú baas,” het hy ge­sê.

“Ek weet ek het nie die bes­te dui­we nie, maar ek weet hoe om met hul­le te werk sodat hul­le 200% kan gee wan­neer ons deel­neem. Ek was reg­tig ver­heug toe ek ge­wen het en ek dink die dui­we se dis­si­pl­ine ty­dens die kom­pe­ti­sie was puik,” het Cloe­te ge­sê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button