Local sportSport

Vuiste swaai weer dié naweek

Twee bok­sers van Mo­di­mol­le maak reg vir groot ge­veg­te op Vry­dag 4 Ok­to­ber by Mala­mu­le­le-boks­klub.

Die jong Ka­ra­bo Mo­ku­pi kom te staan teen Bock­son Bu­ka­sa in ’n ge­veg van agt rondes. Vol­gens sy af­rig­ter, Peet Ober­hol­zer, staan Mo­ku­pi ’n kans om vir die Suid-Afri­kaan­se ti­tel te mik in­dien hy hier­die ge­veg wen. Dit sal ’n droom wees wat ver­we­sen­lik word.

Ntsa­ko Miyam­bo kom te staan teen Don Juan van Heer­den in ’n vier ronde-ge­veg. Miyam­bo se vo­ri­ge ge­veg het ge­lyk­op geëin­dig ná ’n omstrede be­slis­sing deur die skeids­reg­ter. “Ons hoop hy wen Vry­dag,” het Ober­hol­zer ge­sê.

Albei boksers neem in die middel­ge­wig-afde­ling deel. Die bok­sers het ’n har­de oefen­kamp by­ge­woon om hul­le te slyp vir die ge­veg­te wat voor­lê. Hul­le oefen by Obie’s Gym and Fit­ness by Hoër­skool Nyl­stroom.

Mo­ku­pi en Mi­yam­bo se in­weeg vind op Don­der­dag 3 Ok­to­ber plaas. Die ge­veg sal di­rek uit­ge­saai word op Super­sport 8.

“Ons be­dank al hul on­der­steu­ners vir hul aan­moe­di­ging,” het Ober­hol­zer ge­sê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button