Local sportSport

Honderde atlete tree aan vir byeenkoms

Die kom­pe­ti­sie was wit­warm ty­dens die af­ge­lo­pe Stan­dard Bank Ironman 5150-drie­kamp­by­een­koms wat op Sa­ter­dag 17 Au­gus­tus by Forever Resorts in Be­la-Be­la aan­ge­bied is.

Altesame 1 357 at­le­te van­uit die ne­ge pro­vin­sies, as­ook 12 lan­de, het die og­gend by die oord se ski-dam aan­ge­tree om die 1,5 km swem-item, 40k m-fiets­wed­ren en 10 km-padwed­loop baas te raak.
A­ma­teurs kon ook die kans tot glo­rie ge­niet deur die 400 m-swem-, 20 km-fiets­wed­ren en 5 km-padwed­loop aan te durf.

An­nette Pie­naar (71) van Be­la-Be­la met haar sil­wer me­dal­je na­dat sy die 400 m swem-, 20 km-fiets­wed­ren en 5 km-wed­loop bin­ne vier u­re vol­tooi het. Dit was haar eers­te Ironman-wed­loop en sy be­plan om dit weer aan­staande jaar aan te durf.

 

Selfs amateur­atlete wat in die onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem het, kon in die eerste drie plekke medaljes verower.

Vol­gens die or­ga­ni­seer­ders was die dag heerlik met 27°C op sy warmste.

Die atlete het behoorlik gesweet toe hul op die warmste deel van die dag die fietswedren op die Alma-pad moes aanpak. Die topatlete het hulle egter nie van stryk laat bring nie en baie goeie tye behaal. Die fietswedren het binne die Forever Resorts-terrein geëindig.

Die mans- en vroue­wen­ners was HJ Cron­jé en Tracy Den­nis.

Cron­jé het na af­loop van die by­een­koms ge­sê hy sien reeds uit na die Ironman 70.3-wêreld­kam­pioen­skap oor twee weke in Frank­ryk.

Twee an­der Ironman-ge­leent­he­de wat gewild is onder atlete vind in Ok­to­ber in Ekurhuleni en la­ter in Nelson Man­de­la­baai plaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button