Local sportSport

Boerevereniging hou weer geslaagde gholfdag

Die gewilde jaar­likse gholf­dag van die Crecy-boere­vereni­ging op die Spring­bok­vlakte is op Vrydag 16 Augustus by die Euphor­bia-gholf­land­goed buite Mook­gophong aan­gebied.

Die baan was vol en het weer vir groot ont­spanning, hope pryse, gesel­lige same­syn en heer­like kos gesorg.

Die Crecy-boere­vereni­ging is vir die sesde agter­een­vol­gende jaar as die Trans­vaalse Land­bou-unie van Suid Afrika (TLU SA) se boere­vereni­ging van die jaar aan­gewys.

“Ons het dina­miese boere wat baie goed saam­werk. Die Crecy-boere­vereni­ging het voor­uitge­gaan in ’n tyd toe die land­bou­kli­maat uitda­gend geraak het. Ons is dank­baar vir ’n dina­miese voor­sitter soos Floris Booy­sen wat die voor­tou by Crecy neem,” het De Wet Krüger, wat die bedan­kings gedoen het, gesê.

Krüger is ’n lid van die Pot­gieters­rus DLU wat altyd help met die gholf­dag se prys­uitde­ling.

Volgens Booysen was dit weer ’n ge­slaagde dag en 76 spelers het deelge­neem. Die geld wat inge­samel is, sal aange­wend word vir die bevei­liging van die gemeen­skap in die Crecy-omge­wing. Daar was ook twee “tol­hekke” op die 16de en 17de putjies ten bate van die Na­boom Tehuis vir Bejaar­des.

Lambert Swarts was die speler wat die naaste aan die pen geslaan het en die span van Nyls­vley het die gholf gewen. Alte­same 15 sake­onder­ne­mings het die dag ge­borg. Pryse het selfs ’n vakan­sie ingesluit.

Connie du Toit en sy boere­musiek­orkes het gesorg vir ’n vrolike atmos­feer.

Die dag is afge­sluit met ’n potjie­koskom­petisie en die Roedtan-suidspan se potjie het met die eerste prys weg­gestap.

Booysen het aan Die Pos gesê hulle het groot planne vir aan­staande jaar se gholf­dag.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button