Local sportSport

Groot aand wag op kranige boksers uit Modimolle

Die bok­sers in Mo­di­molle draai die skroewe styf aan voor die uit­da­gen­de Razor Sharp-boks­toer­nooi waar­in hul eers­daags by Emperor’s Palace krag­te meet.

Die toer­nooi, ge­reël deur die boks­pro­mo­tors Golden Gloves, lok groot na­me soos Roarke Knapp van Suid-Afri­ka teen Alexandr Zhura­vskiy van Kazak­stan wat 10 rondes gaan dans in ’n in­ter­na­sio­nale ju­nior mid­del­ge­wig­ge­veg. In die hoof­ge­veg pak Rowan Campbell en Patrick Mu­ka­la me­kaar vir 12 rondes om die in­ter­na­sio­na­le boks­or­ga­ni­sa­sie se super­mid­del­ge­wig Afri­ka-titel.

Ty­dens die toer­nooi kom Modi­molle se Ram­sey Hlong­wane (27) in sy eers­te groot ge­veg te staan teen Darrin Ros­souw in die wel­ter­ge­wig-af­de­ling. Lopez Ma­lu­leke (25), wat ook soos Hlong­wa­ne deur Peet Ober­hol­zer af­ge­rig word, meet die­self­de aand krag­te in die ju­nior lig­ge­wigaf­de­ling teen Cayden Tru­ter.

Kara­bo Mo­ku­pi.

 

Die 21-ja­ri­ge Ka­rabo Mo­kupi van Pha­ga­meng is op kort ken­nis­ge­wing in­ge­trek om teen die ge­re­ken­de Luvyo Siza­ni in die lig­swaar­ge­wig-af­de­ling te boks. Si­zani het Suid-Afri­ka in die ver­le­de as ama­teur­bok­ser by die State­bond­spe­le ver­teen­woor­dig. In­dien Mo­ku­pi dié ge­veg wen, kom hy moont­lik in Ok­to­ber teen die ge­vaar­like Cowin Ray te staan wat reeds vyf uit­klop­houe ag­ter sy naam het en 16de ge­keur is.

Ntsa­ko Mi­yam­bo (25), wat saam met die bok­sers af­ge­rig word, sal ook in Ok­to­ber te staan kom teen Didi Pre­to­rius.

“Dit is groot ge­veg­te vir dié jong bok­sers. Ons werk baie hard daar­aan om hul kop­pe en ly­we reg te kry — boks is groot­liks ook ’n siel­kun­dige sport,” het Ober­hol­zer aan Die Pos ge­sê.

Ober­hol­zer het on­langs ’n baie in­ten­sie­we oefen­kamp saam met die vier bok­sers ge­had ter voor­be­rei­ding. “Ons werk hard aan vaar­dig­he­de soos hul kop­be­we­gings. Ons het van die kop­pies bui­te die dorp gaan uit­hard­loop om hul sta­mi­na te verbeter,” het hy ge­sê.

“Die bok­sers sit hul le­wens op die spel in die boks­kryt. As jy daar staan moet jy 100% reg wees, want jou teen­stan­der gaan sy bes­te gee om jou kop van jou lyf af te pro­beer haal. As jy moeg is, voel daar­die hand­skoe­ne soos tien pond ha­mers wat aan jou arms hang. Die man­ne oefen baie hard en ons hoop hul­le gaan die vrugte daar­van pluk.”

Die Razor Sharp-boks­toer­nooi se ge­veg­te word reg­streeks op Supersport 8 uit­ge­saai van­af 19:30.

“Baie dan­kie aan die on­der­ne­mings wat die boksers borg so­dat ons op al gro­ter ver­hoë kan deel­neem. Ons nooi die ge­meen­skap om na die ge­veg­te te kom kyk by Emperor’s Palace. Boks is ’n fan­tas­tie­se kyk­sport,” het Ober­hol­zer ge­sê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button