Local sportSport

Naboom-gholfklub spog met nuwe gholfkarretjies

Gerugte dat die Naboom-gholf­klub sy deure gaan sluit, is onwaar, het die span wat aan die stuur van sake staan die afge­lope week aan Die Pos gesê.

Inteendeel, die onlangse gewer­skaf by die baan bring júís goeie nuus vir gholf­spelers.

Volgens Jeff Coppen, voor­sitter van die klub, en Roelf du Toit, wat sedert Sep­tember 2018 die bestuur­der by die klub is, spog die klub nou met nuwe gholf­karre­tjies en is daar talle opgra­de­rings en verande­ringe by die gholf­baan aange­bring.

Coppen, wat al 30 jaar by die Naboom-gholf­klub betrokke is en verskeie kere as voor­sitter gedien het, was die wel­doener wat gesorg het vir die sewe nuwe gholf­karre­tjies.

Volgens Du Toit het die klub tans 250 lede. Nuwe water­opgaar­tenks is geïnstal­leer wat vol­doende is vir die klub­huis se behoeftes.

Coppen en Du Toit is ook besig met verbe­teringe by die klub­huis wat `n “pro shop” en nuwe vertoon­kas vir die trofeë in­sluit. Kobus Heystek sorg dat die set­perke mooi bly en die water­gate op die nege­putjie­baan is onlangs in sand­banke omskep. Sprei­ligte is by die oefenset- en afslaan­perk aange­bring wat dit moont­lik maak om saans oefen­houe te slaan. Die baan is sewe dae van die week oop en kompe­tisies word Sater­dae gehou.

Die jaarlikse klub­kampioen­skap word op Vrydag 18 Julie en Saterdag 19 Julie aange­bied. Dit sluit spelers in die A-,B- en C-afde­lings in. Die Kanker­vereni­ging van Suid-Afrika (Kansa) het ook onlangs ’n geslaagde vroue­gholf­dag op die baan aange­bied. Volgens Coppen was dit die meeste vroue wat nóg op een slag op die baan was.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button