Local sportSport

Geen keer meer aan dié Nylstroom-manne

“Dit was ’n har­de en fi­siekse spel, maar ons spelers het aanvallend gespeel.”

Die Nyl­stroom-rug­by­klub het die af­ge­lo­pe na­week weer be­wys dat hul­le ’n goed­ge­o­lie­de rug­by­mas­jie­n is en dat hulle die teenstanders kan kafdraf.

Dié span het op Vry­dag 5 Ju­lie teen die Los­kop-rug­by­klub van Groblersdal uit­ge­draf om vir ’n plek in die fi­naal van die Wa­ter­berg-rug­by­li­ga te kwa­li­fi­seer.

Die Nyl­stroom-rug­by­klub is op ­pad na die fi­naal van die Wa­ter­berg-rug­by­li­ga. Op die fo­to is Nyl­stroom se top­spe­lers van die wed­stryd teen Loskop-rugbyklub, Tiaan Best­bier (agterlynspeler) en Henry Jones (voorspeler). In die middel is Bil­ly O­li­vier (borg).

 

Albei span­ne het harde, aanvallende rugby gespeel en mekaar behoorlik die stryd aangesê. Albei spanne het gereeld punte op die telbord geplaas en met die blaas van die eindfluitjie was daar slegs sewe punte verskil. Die Nylstroom-manne het die wedstryd met 34-27 gewen.

“Dit was ’n har­de en fi­siekse spel, maar ons spelers het aanvallend gespeel,” het Jan­nie Ven­ter, Nyl­stroom-af­rig­ter en klub­pre­si­dent, ge­sê.

Justin Odendaal, kookwatersenter van die Nylstroom- dorpsrugbyspan, het op Vrydag 5 Julie ’n briljante drie gedruk in die span se wedstryd teen Loskop van Groblersdal. Foto: Herman Steyn

 

Die Nyl­stroom-spe­lers wat uit­ge­staan het, was Tiaan Best­bier, ag­ter­lyn­spe­ler, en Ar­thur-Henry Jones, voor­spe­ler.

Nyl­stroom draf op Vry­dag 12 Ju­lie teen Nor­tham se spelers op Hoër­skool Nyls­troom se vel­d uit. Die wedstryd begin om 20:00 en die span vra dat hul getroue ondersteuners asseblief hierdie belangrike wedstryd moet bywoon.

Dit beloof om goeie rugby te wees.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button