Local sportSport

Nyl­stroom-rugbymanne is kookwater

Die Nyl­stroom-rug­by­klub is ’n span om mee re­kening te hou in die Waterberg-liga.

Mark van Bosch was ’n sleutel­speler in die Nyl­stroomspan se aanval­spel. Hy het verskeie breek­slae uitge­voer wat uitein­delik tot punte gelei het. Foto: Herman Steyn

 

Die manne van Nylstroom het op Vry­dag 28 Ju­nie, in die laaste wedstryd van die klubkampioenskap, weer ge­seë­vier toe hul die Rhino-rug­by­klub van Nor­tham oortuigend geklop het met ’n telling van 29-12.

Dié se­ge het gevolg ná die puik wed­stryd teen A­man­del­bult-rug­by­klub wat Nyl­stroom met 88-0 ge­wen het.

Her­man Lange (voor­spe­ler) en Jo­zhua Ba­den­horst (ag­ter­lyn­spe­ler) van die Nyl­stroom-rug­by­span het geskitter in die span se oorwinning teen die Rhino-klub van Northam.

 

Vol­gens Jan­nie Ven­ter, Nyl­stroom se klub­pre­si­dent en af­rig­ter, is sy span nou al­ge­heel twee­de op die li­ga­rang­lys en het hulle deur­ge­dring na die se­mifi­na­le ronde.

“Ons het ’n ba­ie mooi wed­stryd teen die Rhi­no-klub gespeel en ek is ba­ie trots op die span,” het Ven­ter ge­sê. “Die man­ne het hul staal ge­wys en hard ge­werk in die twee­de helf­te. Daar was selfs ’n bo­nus­punt vir die drie wat ons ge­druk het.”

Die Nyl­stroom­spe­lers wat uit­ge­staan het in die wedstryd teen die Rhino’s was Her­man Lange (voor­spe­ler) en Jo­zhua Ba­den­horst (ag­ter­lyn­spe­ler).

Die se­mi­fi­na­lewed­stryd tus­sen Nyl­stroom en die Los­kop-rug­by­klub van Grob­lers­dal vind op Vry­dag­aand 5 Julie om 20:00 op Hoër­skool Nyl­stroom se vel­d plaas. Toeskouers is welkom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button