Local sportSport

Ruiters draf baie kilometers kaf

Elf langasem­rui­ters van die Wa­ter­berg-uit­hou­rit­klub het die eerste na­week in Ju­nie aan ’n uit­hou­rit by Son­de­la-na­tuur­re­ser­vaat deel­ge­neem.

Vol­gens Ma­rie­tjie van der Mer­we van die klub is die rit ’n jaar­likse in­stel­ling en die bes­te ma­nier om die Bos­veld te ver­ken — van ’n perd se rug af.

Meer as 200 rui­ters het deel­ge­neem. Die Pre­mier-uit­hou­rit­klub het af­stan­de van 160 km, 120 km, 80 km en 40 km aangebied.

Daar het ’n paar Ny­lies uit­ge­blink. Luan Pre­to­rius op Deo Gratias Vanil­ha was die vier­de kin­der­rui­ter in die 80 km en Ani­ka Swart op Ar­kab Frie­da was vyf­de. Lizet­te Ens­lin op Deo Gratias Fan­tasia was se­wen­de in die lig­ge­wig­af­de­ling van die 80 km.

Ka­ra van der Mer­we op Deo Gratias Ounooi, Ja­ni Stapel­berg op Whisper, Hein Pre­torius op Deo Gratias Ro­sali, Schalk van der Mer­we op Zeena en Ma­riet­jie van der Mer­we op Nazee het al­mal die 40 km-rit vol­tooi.

Twee rui­ters van die klub gaan in Ju­lie aan die na­sio­na­le uit­hou­rit­kam­pioen­skap­ in Faure­smith deel­neem. Lize Stapel­berg en haar perd, Deo Gratias Yad­viqa, gaan die 200 km vir die eers­te keer aan­durf. Ma­riet­jie van der Mer­we en Deo Gratias Zeena sal vir die vier­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar die rit aan­pak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button