Local sportSport

Rugbyspanne hou moed ondanks nederlae

Die Kwagga-rugby­span van Bela-Bela én die Nyl­stroom-rugby­span van Mo­dimolle het op Vrydag­aand 7 Junie die wind van voor in die Wate­rberg-rugby­liga gekry.

Chris Goosen, Kwagga-afrigter, het gesê hoewel sy span goeie hard­loop­rugby gespeel het, het hul met 15-19 teen die Rhino4-rugbyklub van Northam verloor. Hy het gesê die span gaan nou fokus om tegniek en fiksheid te ver­beter. Die span kom op Vrydag 21 Junie teen die manne van Vaal­water in Vaal­water te staan.

Jannie Venter, afrigter van die Nylstroom-rugby­klub, het gesê sy span staan steeds ’n kans om in die semifinale ronde te eindig al het hulle met 10-20 teen Thaba­zimbi verloor.

Die Nyl­stroom-spe­lers wat teen Tha­ba­zim­bi uit­ge­blink het, was Jean­dré Nieu­wen­huis en Pie­ter Pre­to­rius.

Die Nylstroom-klub draf op Vrydag 21 Junie teen Amandel­bult uit in ’n weg­wed­stryd.

Related Articles

Back to top button