Local sportSport

Com­rades-at­le­te keer vanjaar met nuwe medaljes huis toe

Waterberg-atlete het van­jaar weer hul on­der­skei­e klubs trots ge­maak ty­dens Son­dag 9 Ju­nie se Com­rades-ma­ra­thon vanaf Dur­ban na Pie­ter­ma­ritz­burg in Kwa­Zu­lu-Na­tal.

Dit was ’n merkwaardige byeenkoms aangesien twee Suid-Af­ri­ka­ners, Ed­ward Mothibi en Ger­da Steyn van Gau­teng, met die louere weggestap het.

Mot­hib­i het die marathon in ’n tyd van 05:31:33 en Steyn bin­ne 05:58:53 vol­tooi.

Peter Kga­bo van Be­la-Be­la met sy Ro­bert Mtsha­li-me­dal­je en sy groen Com­rades-nom­mer na­dat hy sy tien­de Com­rades-wed­loop vol­tooi het.

 

Daar is ook ty­dens vanjaar se wed­loop ’n nu­we me­dalje, die Ro­bert Mtsha­li-me­dal­je, aan at­le­te toe­ge­ken wat die wed­loop bin­ne 9-10 uur vol­tooi het. Mtsha­li was die eers­te swart man wat aan die 15de Com­ra­des in 1935 deelgeneem het. Hy is egter nooit geregistreer nie omdat slegs blanke atlete destyds aan die wedloop kon deelneem. Mtsha­li het die wed­loop bin­ne 09:30:00 vol­tooi en was een van slegs 35 at­le­te wat die eind­streep ge­haal het.

Ses plaas­li­ke lang­a­sems van Vaal­wa­ter, Be­la-Be­la en Mo­di­mol­le het vanjaar met ’n Ro­bert Mtsha­li-me­dal­je te­rug­ge­keer.

Pe­ter Kgabo (09:25:54) en A­lice Coet­ser van Be­la-Be­la (09:06:16), Dei­ne Lub­be van Vaal­wa­ter (09:54:46), Mike Se­la­mo­le­la (09:37:04), Piet Sek­ga­di (09:06:09) en Kwe­na La­mo­la (09:17:60) van Mo­di­mol­le is al­mal met ’n Robert Mtshali ver­eer.

Kga­bo is met ’n u­nieke groen Com­rades nom­mer ver­eer aan­ge­sien hy aan sy tien­de ma­ra­thon deel­ge­neem het.

Neels Ven­ter, voor­sit­ter van die Warm­bad/Be­la-Be­la-ma­ra­thon­klub, het vanjaar aan sy 11de Com­rades deel­ge­neem, maar het nie die wedren voltooi nie. Die an­der atlete van Be­la-Be­la wat die wed­loop vol­tooi het, was Jack Manabile (10:52:50), Tjaart (snr.) (11:23:06), Tjaart (jnr.) (11:23:06) en Min­nie Oost­hui­zen (11:23:07), as­ook E­ze­kiel Bo­ka­ba (11:40:45). Van die Nyl­stroom-ma­ra­thon­klub het Ma­riet­jie en Schalk van der Mer­we die Comrades saam-saam bin­ne 10:46:22 vol­tooi en Jane Le­che­le­le (12:04:28) en Rod­ney Ma­lat­jie (12:15:54) was die atlete van die Fitness for all-klub in Mo­di­mol­le wat die wen­streep ge­haal het.

Johan Badenhorst van Modimolle het die wedloop in 10:53:00 voltooi. Hy hardloop vir die Nedbank-klub.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button