Local sportSport

Skeie vlieg by klub se opedag

Die skeie het op Sa­ter­dag 25 Mei gevlieg ty­dens die Na­boomspruit-juk­skei­klub se ope­dag.

Nie min­der nie as 33 span­ne van so ver as Po­lo­kwa­ne en Gau­teng het deel­ge­neem. Al 16 ba­ne was be­set deur die 132 deel­nemers. Die klubs wat deel­ge­neem het, was die Ta­ren­ta­le (Mo­ko­pa­n­e), Die Oog, Pie­ters­burg, Fa­mi­lia (Gau­teng-Oos), Vat Vyf, CPR (Gau­teng-Noord), Best of the Best (Gau­teng-Noord), Ne­ge­ster (Bela-Bela), Ko­kan­je en Nyl­stroom (Mo­di­mol­le), Leeu­poort (Rooi­berg), Sha­mah (Bela-Bela) en die Na­boom­spruit-­klub.

Die span van CPR was die wen­ners in die A-af­de­ling ter­wyl die Vat Vyf-span skoon­skip ge­maak het in die B-af­de­ling. Die span­ne van Na­boom­spruit, Ko­kan­je en Best of the Best was die wen­ners van die C-afdeling.

Die oud­ste deel­ne­mer was die 94-ja­ri­ge Hen­nie Oost­hui­zen van die Na­boomspruit-juk­skei­klub.

Die klub het al die on­der­ne­mings in die dorp wat hul­le on­der­steun, be­dank.

Be­lang­stel­len­des wat wil aan­sluit by die Na­boom­spruit-juk­skei­klub kan vir Jo­han Pre­to­rius bel by tel. 082 095 5050.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button