Local sportSport

Limpopo hou hul perderuiter dop

Inwoners van Vaalwater sien met afwagting uit na die South African Equestrian Federation (Sanesa) se nasionale kampioenskap vir skole wat van 25-28 September in Kyalami plaasvind.

Lyandi van der Merwe (12), wat Limpopo verteenwoordig, is immers ’n boorling van Vaalwater. Dié leerderder van Vaalwater Academy, neem vanjaar vir die vierde keer aan dié gesogte kampioenskap deel.

Volgens haar ma, Retha, wat ook haar afrigter is, is sy ’n toegewyde ruiter wat daagliks baie ure op haar perde se rûe deurbring in voorbereiding vir die strawwe mededinging wat voorlê.

Lyandi oefen ses dae per week en is baie dankbaar dat daar nou ’n ryskool op hul plaas is. Sy neem op vier verskillende perde in verskeie afdelings deel.

Jong ruiters wat vir Sanesa wil kwalifiseer, moet in die eerste sewe maande van die jaar aan provinsiale kwalifiserende skoue deelneem. Daarna word die provinsie deur die topvierruiters in elke vlak by die jaarlikse Sanesa nasionale kampioenskap verteenwoordig.

Lyandi het op vier jaar begin perdry. Sy en Carel Hanke Limpopo (haar boerperd) neem vanjaar vir die vierde keer saam deel Sy het vanjaar met die tweede kwalifiserende skou op Vrydag 26 April in Vivo met Carel Hancke Limpopo en nog ’n perd, ZigZag, altesame nege eerste plekke behaal.

Haar gunstelingafdelings is dressering en skouspring.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button